Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 103. - Erns Grundling

Informações:

Sinopsis

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk. Erns kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuwe boek wat pas die lig gesien het: Elders – My 1025km te voet langs die Camino, en hoe die boek nie die boere-weergawe van Eat, Pray, Love is nie. Willim vra hom ook heavy uit oor sy dae by LitNet, Huisgenoot en Insig.