Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 85. - Deon Maas

Informações:

Sinopsis

Deon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het. Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek ‘Melk die heilige koeie’ launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.