Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 81. - Ernst van Dyk

Informações:

Sinopsis

Ernst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae. Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies. Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net 'n medalje worsmasjien nie, maar ook 'n baie cool dude.