Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 34. - Conrad Jamneck

Informações:

Sinopsis

Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se klankman en ’n mens met baie goue stories. Hulle gesels oor Conrad se legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skooldae. Willim tap ook in die psyche van Conrad se alter-ego: Mr. Ooogaboooga Man. En hoe dit soms ’n groot fout kan wees om “net gou vinnig vir die Akkedisboeties te gaan baai sê voor jy moet terug vlieg Noorde toe” en eye-eye conversations met Francois van Coke. Daar is baie mooi stories oor humble ooms soos Sias Reyneke, Ollie Viljoen, Lance James, Vusi Mahlasela en natuurlik oom Jammies Jamneck. RIP oom Jammies. Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music,'n documentary wat ek gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.