Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 15. - Louis Nel

Informações:

Sinopsis

Louis Nel is Taxi Violence se drummer en hy speel een van die twee baskitare in BEAST. Louis kom plak in Willim se garage en hulle travel terug in tyd waar hy as kind elke oggend die TableView/Kaapstad bus gevat het skool toe en hoe sy vriendskap met Rian Zietsman en Loedi van Renen begin het. Daar is kiff stories van sy Hoërskool band 508 se rivalry met George van der Spuy en AJ Graham se band Hoërskool band Drain. Louis vertel ook van al die random jobs wat hy al gehad het en hoe Taxi Violence en BEAST begin het en hoe befok dit was om bands soos AC/DC, Rage Against The Machine, Nirvana en Queens of The Stone Age te discover. Verder: Willim speel hierdie Sondag die 9de Aug. by Bohemia in Stellenbosch. Kom stiek yt. Show begin 20h00.