Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 268:52:33
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 165. - Sannie Fox

    15/03/2019 Duración: 01h42min

    Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.  

  • Episode 164. - Deon Maas

    08/03/2019 Duración: 01h30min

    Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis. Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.

  • Episode 163. - Best Of 2018 (Deel 1)

    14/12/2018 Duración: 01h09min

    In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  • Episode 162. - Suné Halderman en Conrad Jamneck

    30/11/2018 Duración: 01h17min

    Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek  Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het.  Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou kaartjies op https://www.upthecreek.co.za/tickets Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  • Episode 161. - JC Visser

    22/11/2018 Duración: 03h04min

    JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

  • Episode 160. - The Black Cat Bones

    15/11/2018 Duración: 01h42min

    Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

  • Episode 159. - Pierre Greeff

    09/11/2018 Duración: 01h29min

    Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  • Episode 158. - François Haasbroek

    02/11/2018 Duración: 02h02min

    François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  • Episode 157. - Chris Slabber

    25/10/2018 Duración: 01h27min

    Chris Slabber is ’n bekroonde grafiese kunstenaar, illustreerder en fotograaf van Oudtshoorn. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor ’n klomp van sy projekte, die mediums wat hy gebruik, advertising agencies, musiek, kreatiwiteit en al die awards wat hy gewen het. Chris Slabber op Behance: http://be.net/csdandi Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  • Episode 156. - Michael Cross

    19/10/2018 Duración: 01h38min

    Michael Cross is a Durban-based filmmaker who has spent more than 20 years producing documentaries that illuminate artists and individuals. His most recent film, “The Fun’s Not Over – The James Phillips Story” premiered at the 2018 Encounters South African International Documentary Film Festival where it won the Audience Award for Best South African Documentary. James Phillips, who died aged 36 in July 1995, was a composer, musician, bandleader and the voice and conscience of a generation of white South Africans. “The Fun’s Not Over” tells James’ story in his own words and through the voices of journalists like Max du Preez, satirists Zapiro and Pieter Dirk Uys, his musical collaborators and label-mates like Koos Kombuis and Vusi Mahlesela and his friends and family. Willim sits down with Michael for a spiff conversation about it all. Visit: https://thefunsnotover.com/

  • Episode 155. - Niel van Deventer

    04/10/2018 Duración: 02h07min

    Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van alles.

  • Episode 154. - Annie Klopper (Live By The Book Lounge)

    27/09/2018 Duración: 59min

    Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

  • Episode 153. - Kabous Verwoed

    21/09/2018 Duración: 01h15min

    Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer maak het met sy digkuns en hoe hy onlangs ’n bekroonde verslaggewer geword het. 

  • Episode 152. - Laudo Liebenberg

    13/09/2018 Duración: 01h27min

    Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.

  • Episode 151. - Wynand Myburgh

    06/09/2018 Duración: 01h58min

    Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.

  • Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir Eers

    02/03/2018 Duración: 38min

    Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show. 

  • Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)

    01/03/2018 Duración: 01h01min

    Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel. 

  • Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)

    01/03/2018 Duración: 01h05min

    Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid.

  • Episode 147. - Kobus Galloway

    23/02/2018 Duración: 01h50min

    Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het. 

  • Episode 146. - Jaco van der Merwe

    09/02/2018 Duración: 02h33min

    Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit. Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei. 

página 2 de 10