Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 252:50:14
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 137. - WAT Het Ons Geleer? Best Of 2017 (Deel 1)

    06/12/2017 Duración: 53min

    Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.

  • Episode 136. - Carla Louw en Marné Gelderbloem van Rumswinger

    24/11/2017 Duración: 01h28min

    Rumswinger is ’n vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.

  • Episode 135. - Gareth Wilson

    16/11/2017 Duración: 02h09min

    Gareth Wilson is a rock ’n roll singer, songwriter, guitarist, music venue owner and talent buyer for Oppikoppi. Willim talks to Gareth about the origin and legacy of his main band Southern Gypsey Queen, how he became a music promoter at Southern Buzz, Hilltop Live, Oppikoppi and The Goodluck Bar.

  • Episode 134. - Benjamin Booker

    09/11/2017 Duración: 01h07min

    Benjamin Booker is an American musician, singer, songwriter and guitarist. Booker’s got a new album out called ‘Witness’ and because Willim’s a huge fan, he decided to give the man a call to ask him a bunch of questions like: What was it like touring with Jack White? How did he get to play on David Letterman? (Turns out he saw Letterman fall on face after the show…) What happened to his first backing band? How did he get Mavis Staples to collaborate with him. All that and much more. They also talk through the tracks of his new album ‘Witness’, out now on ATO Records. “Benjamin Booker makes retro music feel modern, reflecting on racism in America while drawing on blues, soul, and gospel.” – Pitchfork

  • Episode 133. - Sarah Theron (Deel 2)

    02/11/2017 Duración: 54min

    In deel 2 van Willim se gesprek Sarah Theron gesels hulle oor musiekfeeste, die lewe van ’n freelance sanger, self-censorship, songwriters, social-media, ’n stukkie politiek en ... boy bands.

  • Episode 132. - Sarah Theron (Deel 1)

    02/11/2017 Duración: 01h54min

    Sarah Theron is ’n bekroonde sangeres en ’n bekende aktrise met ’n intimiderende body of work agter haar naam. Sy kom kuier in die garage en gesels oor haar kinderdae in die Kaap, haar drama-studies op Stellenbosch en Pretoria, ouerskap, haar eerste musiekproduksies en haar rol as Baby Botha in Egoli – Plek van Goud. Ons gesels ook oor meeste van haar albums en die ups and downs van die musiekbedryf.

  • Episode 131. - Janie Bay

    26/10/2017 Duración: 01h36min

    Janie Bay is ’n singer-songwriter van die Kaap wat nou in Pretoria woon. Sy’t onlangs haar major-label debut album, ‘Miscellany’, gedrop en dus was dit ’n goeie tyd vir Janie om in die garage te kom kuier. Sy gesels oor haar skooldae, haar musikale verhouding met haar broer Theunis Cilliers, die begin van Janie and The Beard, die dae op J-Bay, die cold-turkey move Pretoria toe, haar collaborations, die #MeToo movement en nog vele meer.

  • Episode 130. - Danie Marais

    19/10/2017 Duración: 01h34min

    Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Danie kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 56 en ons riff oor Die Wasgoedlyn, die beste albums van 2017, sosiale media, pop culture, folk music en nog vele meer.

  • Episode 129. - Louise Crouse

    08/10/2017 Duración: 01h22min

    Louise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, Die Heuwels Fantasies, Taxi Violence, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.

  • Episode 128. - Rupert Koopman

    29/09/2017 Duración: 01h34min

    Rupert Koopman is ’n plantkundige by Cape Nature, hy is basically ons eie David Attenborough as dit by fynbos kom, met ander woorde: Rupert maak úít van fynbos. Aangesien hy ’n rockstar-botanis is, móés hy in die garage kom kuier vir ’n wildcard interview.

  • Episode 127. - Dirkie 'Porra' van der Merwe

    21/09/2017 Duración: 01h57min

    Porra van der Merwe is main-man by DPK, 'n company op Stellenbosch wat events en feeste reël, hulle produce ook 'n klomp goeters vir TV, film en die verhoog. Porra kom kuier in die garage en vertel vir Willim 'n hele paar van daai legendariese MK Avontoer-stories en wat hy alles oor die jare geleer het oor hoe 'n ding lekker te reël. Bestel Willim se nuwe album Blitzkriek by williamwelfare@gmail.com

  • Episode 126. - Hannes Brümmer

    14/09/2017 Duración: 01h16min

    Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.

  • Episode 125. - Hunter Kennedy

    07/09/2017 Duración: 01h18min

    Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.

  • Episode 124. - Toast Coetzer ivm Ons Klyntji

    03/09/2017 Duración: 01h23min

    Toast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.

  • Episode 123. - Pietie Beyers

    24/08/2017 Duración: 02h11min

    Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’. Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life. Geborg deur Visuals.TV

  • Episode 122. - Tertius Kapp

    17/08/2017 Duración: 01h15min

    Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.

  • Episode 121. - Sondagaand

    13/08/2017 Duración: 30min

    Willim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook 'n brief. Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur "MVP Willim Welsyn" te SMS na 40800. Hy kan nog 'n video wen en jy kan 'n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.  

  • Episode 120. - Chris Danger ThunderVolt

    03/08/2017 Duración: 01h22min

    Chris Danger ThunderVolt is die bassist in Black Cat Bones, die guitarist in Boargazm en die tweede jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine van der Walt is die jongste en was mos ook onlangs op die show. Willim en Chris kry mekaar by die Dennis-brothers se huis, The Château Liz-záurd, waar hulle praat oor math-metal, musical patterns, Chris se film en jazz opleiding en hoe om uit te nerd op music. Hulle gesels ook oor The Black Cat Bones se 10de bestaansjaar. (Kyk asb 20:00, Vrydagaand die 4de Augustus Willim se nuwe video “Al Die Cool Kinders” op kykNET NOU!, DSTV 146, en stem dan asb net na 21:00 vir sy video, dan kan hy nog ’n R50 000se musiekvideo wen. SMS: “MVP Willim Welsyn” na 40800. Jy kan net een keer stem. En jy staan die kans om ’n sak vol albums te wen.)

  • Episode 119. - Danie Du Toit van Spoegwolf

    27/07/2017 Duración: 01h37min

    Danie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se album art gemaak het en nog vele meer. Bestel vir jou 'n Blitzkriek CD by williamwelfare@gmail.com

  • Episode 118. - Michelle Nolte - Dorpstraat Revisited (Deel 4)

    20/07/2017 Duración: 01h27min

    Michelle Nolte was die vierde en laaste eienaar van die legendariese Dorpstraat Teater op Stellenbosch. In hierdie laaste hoofstuk van die Dorpstraat Revisited reeks vertel Michelle hoe dit was om groot te raak met Valiant Swart as ouer boetie, hoe sy by die bank en toe by ’n wynplaas gewerk het en toe eventueel saam met Anita (Bredenkamp) Cilliers die Teater oorgeneem het by Rohan en Eldré Strydom. (Bestel gerus my nuwe album BLITZKRIEK by williamwelfare@gmail.com of kry hom op iTunes.)

página 3 de 9