Wat Met Willim Welsyn Podcast

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 111. - Rouleaux van der Merwe | Permanent Record

    01/06/2017 Duración: 01h29min

    Rouleaux van der Merwe is die platebaas van PermanentRecord.co.za, probably die slickste, kiffste, independent online vinyl shop in Suid-Afrika. Rouleaux kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe David Kramer sy musical awaking op ’n jong ouderdom aan die brand gesteek het, sy vriendskap met Wentzel van der Gryp van Roastin’ Records, die dae toe hy saam met Willem Samual in Stellenbosch gewoon het en hoe hy graag wil hê dat almal Metode en Tegniek se ‘Post-boland-pre-peruvian-plaaspunk’ móét luister. Hulle gesels ook Lucy Kruger and The Lost Boys se nuwe vinyl release ‘Summer’s Not That Simple’ en KOBUS se nuutste plaat ‘DIE KRONIEKE VAN KOBUS! VÖLUME 1.’ Willim se nuwe album Blitzkriek is van nou beskikbaar op iTunes.

  • Episode 110. - Bill Knight

    25/05/2017 Duración: 01h30min

    Singer-songwriter Bill Knight once remarked that he wrote “songs for the Fallen, the battered, the bruised, but somehow hopeful.” The Capetonian troubadour takes Willim on a journey from Botswana to Durbanville to Rondebosch and back to the Barleycorn Music Club. He talks about his relationships with Rita and Richard Tait (Alma Café), Carl Raubenheimer, Roger Lucey and how he hanged with James Phillips in the 80s. They also talk about most of his albums, his new band Scarecrows In A Field, his dedicated folk venue The Cottage Club and what is means to be part of a folk music community.

  • Episode 109. - Schalk Maas van Skallabrak

    18/05/2017 Duración: 01h38min

    Schalk Maas is een van die twee founding members van Skallabrak en hulle eerste gig was as open act vir Valiant Swart in Engeland in 2001. Schalk kom kuier in die garage en vertel hoe Gian Groen se band Spinnekop vir hom en Hendrik Brakwater inspire het om songs te begin skryf en ’n band te begin. Ons gesels oor Schalk se kinderdae op Graafwater, al Skallabrak se albums en die verskillende members wat almal in die band was. Ons gesels ook oor sy nuwe band Soetmelk.

  • Episode 108. - Bittereinder

    12/05/2017 Duración: 01h07min

    Willim gaan grawe bietjie in die archives en speel vir jou 'n interview wat hy met die rap-groep Bittereinder gedoen het by die STRAB festival in Mozambique, 2013. Sit back and relax en luister gerus na die stories van Louis Minnaar, Peach van Pletzen en Jaco van der Merwe.

  • Episode 107. - Dagrit Met Valiant Swart

    04/05/2017 Duración: 41min

    In die kar, oppad na die Sticks & Stones Festival by Bushwacked in Vioolsdrift, stop Willim ’n mikrofoon in co-pilot Valiant Swart se hand en vertel hy vir ons ’n paar pragtige behind-the-scenes toerstories. 

  • Episode 106. - Vetman van der Naam

    27/04/2017 Duración: 01h22min

    Vetman Van Der Naam is ’n fotograaf en ’n graphic designer. In die dag werk hy by die Foschini Group as ’n graphic en fashion designer en in die aande neem hy fotos, meestal van bands. Vetman het eintlik kom stickers haal en toe besluit ons om sommer ook oor die craft van fotografie en design te gesels.

  • Episode 105. - Schalk Joubert

    20/04/2017 Duración: 01h44min

    Die baskitaarspeler Schalk Joubert is een van Suid-Afrika se mees gesoute en veelsydige live en studio musikante. Hy’s ook ’n producer en ’n vervaardiger en het al op meer albums en feeste gespeel as wat die average listener probably geluister of bygewoon het. Schalk kom kuier in die garage en gesels oor sy musikale en vriendskaplike collaborations met, onder andere, Valiant Swart, Koos Kombuis, David Kramer en Gert Vlok Nel. Hy’t selfs al vir Bob Dylan ge-open en ’n kak jam session saam met Ginger Baker oorleef. Strap yourself in.

  • Episode 104. - Johnny de Ridder

    13/04/2017 Duración: 01h23min

    Johnny de Ridder is die lead guitarist van Fokofpolisiekar en ook ’n studio owner, producer en engineer by Soft Light City saam met Jax Panik. Johnny kom kuier in die garage om te gesels oor Fokofpolisiekar se suksesvolle crowdfunding campaign, die hype rondom die band se upcoming album en sy en Hunter Kennedy se songwriting verhouding. Ons gesels ook social media, guitar-styles en audio engineering.

  • Episode 103. - Erns Grundling

    06/04/2017 Duración: 01h50min

    Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk. Erns kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuwe boek wat pas die lig gesien het: Elders – My 1025km te voet langs die Camino, en hoe die boek nie die boere-weergawe van Eat, Pray, Love is nie. Willim vra hom ook heavy uit oor sy dae by LitNet, Huisgenoot en Insig.

  • Episode 102. - Jean Tunes Marais

    30/03/2017 Duración: 01h58min

    Jean Tunes Marais is die man agter die drums in Dragoons, Jakobyn, Chris Ross en deesdae ook sommer in Die Wasgoedlyn ook. Jean kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe dit was om groot te word op Worcerster in ’n skool vir blindes, hoe hy begin music maak het saam met sy broer en hoe hy vandag ’n suksevolle rehearsal studio (Tunes Studio) op Stellenbosch run. Hulle gesels ook oor al die bands en projekte waarby hy betrokke was en die waarmee hy tans besig is.

  • Episode 101. - Philip de Vos

    23/03/2017 Duración: 01h32min

    Philip de Vos is bekend as skrywer, digter, vertaler, blogskrywer, radio omroeper en fotograaf. Hy het ook oor die jare as operasanger meer as 40 karakterrolle in operas vertolk. Hy het reeds 25 boeke gepubliseer en het verskeie literêre pryse vir sy skryfwerk ontvang. Hy kom kuier in die garage waar hy en Willim hulle eie kreatiewe prosesse probeer uitfigure. Hy gesels ook oor die verhouding met sy ouers, sy kreatiewe verhouding met illustreerder Piet Grobler, al die vername mense wat hy al afgeneem het vir sy fotoboek Milieu, Mozart en... Moemin.

  • Episode 100. - Luisteraars

    16/03/2017 Duración: 01h55min

    Op die 100ste episode van WAT bel Willim ’n paar van sy gereelde luisteraars om hoor hoe, waar en wanneer hulle na die show luister en wat van hulle high-lights was. 100! Geborg deur sheshafilmfood.com en Watvapejy.co.za

  • Episode 99. - Izak du Plessis

    09/03/2017 Duración: 01h36min

    Izak du Plessis is ’n bekroonde joernalis, radio-omproeper en daai bekende stem wat jy elke weeksoggend kan hoor tussen 6:00 en 8:00 op RSG se gewilde nuusprogram Monitor. In ’n baie emosionele gesprek onthul Izak aan Willim hoe sy kinderdae, die ambivalente herrineringe van sy pa, die einde van ’n huwelik en sy stormagtige bedanking as ’n teologies verdwaalde predikant hom gelei het tot ’n loopbaan in radio en joernalistiek. Willim maak ook ’n groot aankondiging.

  • Episode 98. - Chris DeWet Bornman

    01/03/2017 Duración: 01h18min

    Chris DeWet Bornman is die leadsinger en guitarist van die Cape Town-based hard rock band: Stoker. Sy broer Borrie is die bassist. Morgan O’Kennedy is die drummer en sy broer Redge is die ander guitarist. Dus is dit twee paar broers in een band. Chris kom kuier in die garage en gesels oor Stoker se nuwe album, hy en sy broer Borrie se kinderdae op Rawsonville, sy pa wat ’n adjunkhoof is by ’n verbeteringskool en die dae toe hy vir Dead Lucky gespeel het.

  • Episode 97. - Johan Jack Smith

    23/02/2017 Duración: 01h21min

    Johan Jack Smith is ’n skywer, tydskrifredakteur, grafiese kunstenaar en die liriekskrywer en vocalist van die Elektro-Afrikaanse band Volkspeler. Johan kom kuier in die garage en vertel van al die odd jobs wat hy aangepak het voor hy begin skryf en perform het in sy band. Toevallig verjaar hy ook vandag. Geluk Johan.

  • Episode 96. - Heine Van Der Walt

    16/02/2017 Duración: 01h33min

    Heine Van Der Walt aka Lord Wolmer is ’n multi-instrumentalist, die eerste Suid-Afrikaanse air guitar champion, die main-metal varkie in die band Boargazm en die jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine kom kuier in die garage en vertel vir Willim van al sy broers se bands, sy eie bands, die begin hulle backyard venue: Wolmer-Bush Lounge en hoe sy metal band Boargazm dit reg kry om internasionale toere af te pull.

  • Episode 95. - Barry Hilton

    09/02/2017 Duración: 01h17min

    Before Barry Hilton became one of South Africa’s most successful and loved comedians, he first had to reckon with his father’s authority. Barry talks to Willim about his first and second marriages, his relationship with his brother and father and how he kick-started his stand-up comedy career after he realised he was a kak electrician. Next week Barry’s going on a world tour where he will perform in Hong Kong on the 16th, 17th, and 18th of February and in Kuala Lumpur on the 24th and 25th of February. Go to barryhilton.co.za for more info. Go to mycousin.co.za to check out some of Barry’s merchandise.

  • Episode 94. - Francois Van Coke

    02/02/2017 Duración: 01h06min

    Francois Van Coke kom kuier vir ’n tweede keer in die garage en hy gesels oor sy nuwe album Hierdie Is Die Lewe, sy nuwe band Die Gevaar, die introspektiewe en persoonlike inhoud van sy lyrics, hoe dit is om ’n pa te wees, hoe dit was toe hy jonger was en dat dit beter raak as jy ouer raak.

  • Episode 93. - Rohan Strydom - Dorpstraat Revisited (Deel 3)

    26/01/2017 Duración: 01h28min

    Rohan en Eldré Strydom was die derde eienaars van Dorpstraat Teater Kafee in Stellenbosch. Rohan kom kuier in die garage en vertel hoe hy en Eldré op ’n impulsiewe manier die Teater oorgeneem het by Hettie en Elbie terwyl hy nog sy day job in IT probeer juggle het. Cool stories oor Die Melktert Kommissie, Jan Blohm, Bacchus Nel, Rodriquez, Karen Zoid, Fokofpolisiekar en nog vele meer.

  • Episode 92. - Elbie Adendorff - Dorpstraat Revisited (Deel 2)

    19/01/2017 Duración: 01h14min

    Elbie Adendorff en haar suster Hettie Dollenberg was die tweede eienaars van Dorpstraat Teater Kafee. Elbie kom kuier in die garage en vertel hoe sy en haar suster hul gemaksone in die onderwys verlaat het om die Teater se legendariese voortbestaan oor te neem by Gigi en Nita Fourie. Cool stories oor Gert Vlok Nel, Amanda Strydom, Anton Goosen, Piet Botha, Johannes Kerkorrel en nog vele meer.

página 4 de 9