Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 270:10:04
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 126. - Hannes Brümmer

    14/09/2017 Duración: 01h16min

    Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.

  • Episode 125. - Hunter Kennedy

    07/09/2017 Duración: 01h18min

    Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.

  • Episode 124. - Toast Coetzer ivm Ons Klyntji

    03/09/2017 Duración: 01h23min

    Toast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.

  • Episode 123. - Pietie Beyers

    24/08/2017 Duración: 02h11min

    Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’. Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life. Geborg deur Visuals.TV

  • Episode 122. - Tertius Kapp

    17/08/2017 Duración: 01h15min

    Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.

  • Episode 121. - Sondagaand

    13/08/2017 Duración: 30min

    Willim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook 'n brief. Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur "MVP Willim Welsyn" te SMS na 40800. Hy kan nog 'n video wen en jy kan 'n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.  

  • Episode 120. - Chris Danger ThunderVolt

    03/08/2017 Duración: 01h22min

    Chris Danger ThunderVolt is die bassist in Black Cat Bones, die guitarist in Boargazm en die tweede jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine van der Walt is die jongste en was mos ook onlangs op die show. Willim en Chris kry mekaar by die Dennis-brothers se huis, The Château Liz-záurd, waar hulle praat oor math-metal, musical patterns, Chris se film en jazz opleiding en hoe om uit te nerd op music. Hulle gesels ook oor The Black Cat Bones se 10de bestaansjaar. (Kyk asb 20:00, Vrydagaand die 4de Augustus Willim se nuwe video “Al Die Cool Kinders” op kykNET NOU!, DSTV 146, en stem dan asb net na 21:00 vir sy video, dan kan hy nog ’n R50 000se musiekvideo wen. SMS: “MVP Willim Welsyn” na 40800. Jy kan net een keer stem. En jy staan die kans om ’n sak vol albums te wen.)

  • Episode 119. - Danie Du Toit van Spoegwolf

    27/07/2017 Duración: 01h37min

    Danie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se album art gemaak het en nog vele meer. Bestel vir jou 'n Blitzkriek CD by williamwelfare@gmail.com

  • Episode 118. - Michelle Nolte - Dorpstraat Revisited (Deel 4)

    20/07/2017 Duración: 01h27min

    Michelle Nolte was die vierde en laaste eienaar van die legendariese Dorpstraat Teater op Stellenbosch. In hierdie laaste hoofstuk van die Dorpstraat Revisited reeks vertel Michelle hoe dit was om groot te raak met Valiant Swart as ouer boetie, hoe sy by die bank en toe by ’n wynplaas gewerk het en toe eventueel saam met Anita (Bredenkamp) Cilliers die Teater oorgeneem het by Rohan en Eldré Strydom. (Bestel gerus my nuwe album BLITZKRIEK by williamwelfare@gmail.com of kry hom op iTunes.)

  • Episode 117. - Bootlegs Met Bruce Springsteen, Hannes Coetzee en Andra

    12/07/2017 Duración: 50min

    Gerhard Grobler kom kuier in die garage en hy en Willim gaan krap bietjie in die archives en kom op recordings af wat Willim gemaak het in sy dae by Rolling Stone van 'n Bruce Springsteen soundcheck, 'n live performance van Andra by Mozambique en 'n twee ander bootlegs van oom Hannes Coetzee, die teaspoon-slide guitarist van Herbertsdale. Willim lees ook 'n paar briewe van luisteraars.

  • Episode 116. - Ruan Stix Fourie

    05/07/2017 Duración: 01h24min

    Ruan Stix Fourie is die main-man agter die skerms by gevaaalik.com, ’n Afrikaanse entertainment blog wat al meer as sewe jaar die ding doen. Ruan is ook ’n podcaster en dus moes hy en Willim oor dié formaat gesels, hoe om jou audience te service en suksesvol jou online jol vol te hou sodat brands, bands en ander mense jou verewig kan onthou.

  • Episode 115. - Herman Kleinhans

    30/06/2017 Duración: 01h24min

    Herman Kleinhans is 'n liedjieskrywer en sanger van Stellenbosch. Hy het in Mei 2015 KykNET se AfriVisie gewen met sy lied "Ek Sweer". Hy is ook 'n lid van TWEE - die ander lid is Maria Rademan. Herman het 'n nuwe album uit, Kamer 4. Hy't kom kuier in die garage vir 'n passievolle gesprek oor laerskool-rugby, hoe en waar sy musiekloopbaan begin het, die inner workings van die musiekbedryf en hoe hy eenkeer in London 2000£ gekry het by 'n tabloid koerant. Dit alles en nog vele meer. Baie kiff episode dié.

  • Episode 114. - Blitzkriek Met Jo Ellis

    22/06/2017 Duración: 01h10min

    Willim gesels met sy vriend en producer Jo Ellis oor Willim se nuwe album BLITZKRIEK, self-promotion, hoe hulle die album gemaak het en wat se amps en tegnieke hulle gebruik het. Willim speel ook 'n paar snippets van die songs. BLITZKRIEK CD's is nou by Willim beskikbaar, stuur gerus 'n epos na williamwelfare@gmail.com om ene te bestel.

  • Episode 113. - Chris Kreef

    15/06/2017 Duración: 01h50min

    Toe Willim vir Chris Kreef van die bekende Kreefhotel onmoet het in 2007 by Akkedis se huis, The Château Liz-záurd, was Chris ’n grootkop by Pick Pay en nou tienjaar later gesels hulle vir die eerste keer waar alles begin het. Van sy eerste bike-bende, die weermag se begrafnisband, die restaurantbedryf, die snakes and ladders van die corporate wêreld tot by die Kreefhotel, Die Saronsberg De Kreeft Stamkafee Teater in Tulbagh en terug. Strap yourself in for one hell of journey! Geborg deur Thelema Vitamins & Supplements.

  • Episode 112. - B-Sides: Willim en Gurtch Tel Briewe Op Onder 'n Brug

    08/06/2017 Duración: 01h06min

    Willim en Gurtch vind ou briewe van regte-egte mense onder 'n brug en lees hulle vir jou. 

  • Episode 111. - Rouleaux van der Merwe | Permanent Record

    01/06/2017 Duración: 01h29min

    Rouleaux van der Merwe is die platebaas van PermanentRecord.co.za, probably die slickste, kiffste, independent online vinyl shop in Suid-Afrika. Rouleaux kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe David Kramer sy musical awaking op ’n jong ouderdom aan die brand gesteek het, sy vriendskap met Wentzel van der Gryp van Roastin’ Records, die dae toe hy saam met Willem Samual in Stellenbosch gewoon het en hoe hy graag wil hê dat almal Metode en Tegniek se ‘Post-boland-pre-peruvian-plaaspunk’ móét luister. Hulle gesels ook Lucy Kruger and The Lost Boys se nuwe vinyl release ‘Summer’s Not That Simple’ en KOBUS se nuutste plaat ‘DIE KRONIEKE VAN KOBUS! VÖLUME 1.’ Willim se nuwe album Blitzkriek is van nou beskikbaar op iTunes.

  • Episode 110. - Bill Knight

    25/05/2017 Duración: 01h30min

    Singer-songwriter Bill Knight once remarked that he wrote “songs for the Fallen, the battered, the bruised, but somehow hopeful.” The Capetonian troubadour takes Willim on a journey from Botswana to Durbanville to Rondebosch and back to the Barleycorn Music Club. He talks about his relationships with Rita and Richard Tait (Alma Café), Carl Raubenheimer, Roger Lucey and how he hanged with James Phillips in the 80s. They also talk about most of his albums, his new band Scarecrows In A Field, his dedicated folk venue The Cottage Club and what is means to be part of a folk music community.

  • Episode 109. - Schalk Maas van Skallabrak

    18/05/2017 Duración: 01h38min

    Schalk Maas is een van die twee founding members van Skallabrak en hulle eerste gig was as open act vir Valiant Swart in Engeland in 2001. Schalk kom kuier in die garage en vertel hoe Gian Groen se band Spinnekop vir hom en Hendrik Brakwater inspire het om songs te begin skryf en ’n band te begin. Ons gesels oor Schalk se kinderdae op Graafwater, al Skallabrak se albums en die verskillende members wat almal in die band was. Ons gesels ook oor sy nuwe band Soetmelk.

  • Episode 108. - Bittereinder

    12/05/2017 Duración: 01h07min

    Willim gaan grawe bietjie in die archives en speel vir jou 'n interview wat hy met die rap-groep Bittereinder gedoen het by die STRAB festival in Mozambique, 2013. Sit back and relax en luister gerus na die stories van Louis Minnaar, Peach van Pletzen en Jaco van der Merwe.

  • Episode 107. - Dagrit Met Valiant Swart

    04/05/2017 Duración: 41min

    In die kar, oppad na die Sticks & Stones Festival by Bushwacked in Vioolsdrift, stop Willim ’n mikrofoon in co-pilot Valiant Swart se hand en vertel hy vir ons ’n paar pragtige behind-the-scenes toerstories. 

página 4 de 10