Sinopsis
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Episodios
-
Episode 97. - Johan Jack Smith
23/02/2017 Duración: 01h21minJohan Jack Smith is ’n skywer, tydskrifredakteur, grafiese kunstenaar en die liriekskrywer en vocalist van die Elektro-Afrikaanse band Volkspeler. Johan kom kuier in die garage en vertel van al die odd jobs wat hy aangepak het voor hy begin skryf en perform het in sy band. Toevallig verjaar hy ook vandag. Geluk Johan.
-
Episode 96. - Heine Van Der Walt
16/02/2017 Duración: 01h33minHeine Van Der Walt aka Lord Wolmer is ’n multi-instrumentalist, die eerste Suid-Afrikaanse air guitar champion, die main-metal varkie in die band Boargazm en die jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine kom kuier in die garage en vertel vir Willim van al sy broers se bands, sy eie bands, die begin hulle backyard venue: Wolmer-Bush Lounge en hoe sy metal band Boargazm dit reg kry om internasionale toere af te pull.
-
Episode 95. - Barry Hilton
09/02/2017 Duración: 01h17minBefore Barry Hilton became one of South Africa’s most successful and loved comedians, he first had to reckon with his father’s authority. Barry talks to Willim about his first and second marriages, his relationship with his brother and father and how he kick-started his stand-up comedy career after he realised he was a kak electrician. Next week Barry’s going on a world tour where he will perform in Hong Kong on the 16th, 17th, and 18th of February and in Kuala Lumpur on the 24th and 25th of February. Go to barryhilton.co.za for more info. Go to mycousin.co.za to check out some of Barry’s merchandise.
-
Episode 94. - Francois Van Coke
02/02/2017 Duración: 01h06minFrancois Van Coke kom kuier vir ’n tweede keer in die garage en hy gesels oor sy nuwe album Hierdie Is Die Lewe, sy nuwe band Die Gevaar, die introspektiewe en persoonlike inhoud van sy lyrics, hoe dit is om ’n pa te wees, hoe dit was toe hy jonger was en dat dit beter raak as jy ouer raak.
-
Episode 93. - Rohan Strydom - Dorpstraat Revisited (Deel 3)
26/01/2017 Duración: 01h28minRohan en Eldré Strydom was die derde eienaars van Dorpstraat Teater Kafee in Stellenbosch. Rohan kom kuier in die garage en vertel hoe hy en Eldré op ’n impulsiewe manier die Teater oorgeneem het by Hettie en Elbie terwyl hy nog sy day job in IT probeer juggle het. Cool stories oor Die Melktert Kommissie, Jan Blohm, Bacchus Nel, Rodriquez, Karen Zoid, Fokofpolisiekar en nog vele meer.
-
Episode 92. - Elbie Adendorff - Dorpstraat Revisited (Deel 2)
19/01/2017 Duración: 01h14minElbie Adendorff en haar suster Hettie Dollenberg was die tweede eienaars van Dorpstraat Teater Kafee. Elbie kom kuier in die garage en vertel hoe sy en haar suster hul gemaksone in die onderwys verlaat het om die Teater se legendariese voortbestaan oor te neem by Gigi en Nita Fourie. Cool stories oor Gert Vlok Nel, Amanda Strydom, Anton Goosen, Piet Botha, Johannes Kerkorrel en nog vele meer.
-
Episode 91. - Gigi en Nita Fourie - Dorpstraat Revisited (Deel 1)
12/01/2017 Duración: 01h25minWillim gaan kuier vir Gigi en Nita Fourie by hulle huis op Stellenbosch om uit te vind hoe en wanneer die legendariese Dorpstraat Teater Kafee begin het en wie van die eerste kunstenaars was wat daar opgetree het. Cool stories oor Gert Vlok Nel, Anton Goosen, Koos Kombuis, Stef Bos, Johannes Kerkorrel en nog vele meer.
-
Episode 90. - Briewe Van Luisteraars
05/01/2017 Duración: 50minOp die eerste episode van 2017 vertel Willim hoe sy nuwejaar begin het en lees hy vir jou ’n hele paar briewe en stories wat hy einde laasjaar by WAT-luisteraars ontvang het.
-
Episode 89. - Best Of 2016 (Deel 3)
28/12/2016 Duración: 58minIn hierdie finale episode van 2016 spoeg en plak Willim vir jou ’n hele paar interview-brokkies aan mekaar met ’n surprise cover song aan die einde. Flashback interview nuggets met Albert Hammond, Haddad Viljoen, ’n Daggaverkoper, Simone Garcia Marques, Danie Marais, Jaco Snakehead Venter, Anton Marshall, Schalk van der Merwe, Jeandre Pikkie Swanepoel, Werner Smit, Sjaka S. Septembir en Bacchus Nel.
-
Episode 88. - Best Of 2016 (Deel 2) Die Vloek Van Die Kitaar
21/12/2016 Duración: 01h16minIn hierdie special Christmas edition spoeg en plak Willim vir jou ’n hele paar van 2016 se inteviews aan mekaar wat te doen gehad het met die almagtige vloek van die kitaar. Flashback interview nuggets met Jo Ellis, Riaan Smit, Almuir Botha, Albert Frost, Dan Patlanksky, André Kriel, Valiant Swart, Rudi en Arthur Dennis en Jake Gunn.
-
Episode 87. - Ann Jangle
15/12/2016 Duración: 01h22minAnn Jangle is ’n Kaapse singer-songwriter met ominous gypsy-folk en teatrale onder-rock influences wat nou vir twee jaar deur Europa getoer het terwyl sy in Duitsland gewoon het. Ann is onlangs terug in die Kaap en moes eers kom kuier het in die garage sodat ons kan hoor wat alles gebeur het op die pad en waar dit alles begin het.
-
Episode 86. - Best Of 2016 (Deel 1)
08/12/2016 Duración: 01h02minDie jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons alles geleer het in 2016. Hier's 'n paar flashback interview nuggets met Gian Groen, Inge Beckmann, Koos Kombuis, Hanru Niemand, Melt Sieberhagen, George van der Spuy, Gerhard Grobler en Annie Klopper. Dankie dat jy luister. Vertel gerus jou vriende van die show en wys hulle hoe om te luister met jou foon of rekenaar, jy maak mos uit van hierdie goed.
-
Episode 85. - Deon Maas
01/12/2016 Duración: 01h32minDeon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het. Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek ‘Melk die heilige koeie’ launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.
-
Episode 84. - Peter Mitchell (Pietman)
24/11/2016 Duración: 01h45minPeter Mitchell is die verhoognaam van Pietman Geldenhuys – daai ou agter ‘Die Skot’-karakter wat ook deesdae met stories boer op die gewilde kykNET-program Oppiestoep wat hy saam met Andries Vermeulen aanbied. Maar meer as dit is Pietman eintlik ’n musiekant en ’n singer-songwriter… Pietman is eintlik baie dinge, dus moes hy in die garage kom kuier sodat ons kan uitvind van al hierdie dinge wat Pietman is, was en maybe nog gaan wees. Maak jouself reg vir 'n paar mooi stories.
-
Episode 83. - 'n B-sides Optel-Interview Met Yusuf Allie
17/11/2016 Duración: 31minWillim laai sy laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe hy ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op. Hy bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.
-
Episode 82. - Pierre-Arnold Theron
10/11/2016 Duración: 01h46minPierre-Arnold Theron was vir nege jaar die teatrale perkussiespeler in Mr Cat & The Jackal, hy’s ook die vibes manager by DPK op Stellenbosch, ’n klanktegnikus by die Konserwatorium en ’n akteur. Hy’t onlangs onder die naam Shakespierre ’n weeklikse vlog (video-blog) begin waar hy al sy missions document en deel met die wêreld. Gaan check dit uit by shakespierre.co.za. Ons gesels oor dit alles en meer. Gaan koop asb my krismis-special plaat op vhmusic.co.za.
-
Episode 81. - Ernst van Dyk
03/11/2016 Duración: 01h20minErnst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae. Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies. Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net 'n medalje worsmasjien nie, maar ook 'n baie cool dude.
-
Episode 80. - Bacchus Nel
27/10/2016 Duración: 01h47minBacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.
-
Episode 79. - Jake Gunn
20/10/2016 Duración: 01h29minJake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke singer-songwriters en guitarists. Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe sommer ook die band gejoin het. Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se “Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.
-
Episode 78. - Annelise Erasmus
13/10/2016 Duración: 01h14minAnnelise Erasmus is ’n erotiese skrywer met drie boeke agter haar naam en sy is ook mainkonyn agter die populêre Afrikaanse blog kombietjiehier.co.za. Sy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af en ons gesels oor haar industrious loopbaan as skrywer, onafhanklike uitgewer en blogger.