Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 240:35:17
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 91. - Gigi en Nita Fourie - Dorpstraat Revisited (Deel 1)

    12/01/2017 Duración: 01h25min

    Willim gaan kuier vir Gigi en Nita Fourie by hulle huis op Stellenbosch om uit te vind hoe en wanneer die legendariese Dorpstraat Teater Kafee begin het en wie van die eerste kunstenaars was wat daar opgetree het. Cool stories oor Gert Vlok Nel, Anton Goosen, Koos Kombuis, Stef Bos, Johannes Kerkorrel en nog vele meer.

  • Episode 90. - Briewe Van Luisteraars

    05/01/2017 Duración: 50min

    Op die eerste episode van 2017 vertel Willim hoe sy nuwejaar begin het en lees hy vir jou ’n hele paar briewe en stories wat hy einde laasjaar by WAT-luisteraars ontvang het.

  • Episode 89. - Best Of 2016 (Deel 3)

    28/12/2016 Duración: 58min

    In hierdie finale episode van 2016 spoeg en plak Willim vir jou ’n hele paar interview-brokkies aan mekaar met ’n surprise cover song aan die einde. Flashback interview nuggets met Albert Hammond, Haddad Viljoen, ’n Daggaverkoper, Simone Garcia Marques, Danie Marais, Jaco Snakehead Venter, Anton Marshall, Schalk van der Merwe, Jeandre Pikkie Swanepoel, Werner Smit, Sjaka S. Septembir en Bacchus Nel.

  • Episode 88. - Best Of 2016 (Deel 2) Die Vloek Van Die Kitaar

    21/12/2016 Duración: 01h16min

    In hierdie special Christmas edition spoeg en plak Willim vir jou ’n hele paar van 2016 se inteviews aan mekaar wat te doen gehad het met die almagtige vloek van die kitaar. Flashback interview nuggets met Jo Ellis, Riaan Smit, Almuir Botha, Albert Frost, Dan Patlanksky, André Kriel, Valiant Swart, Rudi en Arthur Dennis en Jake Gunn.

  • Episode 87. - Ann Jangle

    15/12/2016 Duración: 01h22min

    Ann Jangle is ’n Kaapse singer-songwriter met ominous gypsy-folk en teatrale onder-rock influences wat nou vir twee jaar deur Europa getoer het terwyl sy in Duitsland gewoon het. Ann is onlangs terug in die Kaap en moes eers kom kuier het in die garage sodat ons kan hoor wat alles gebeur het op die pad en waar dit alles begin het.

  • Episode 86. - Best Of 2016 (Deel 1)

    08/12/2016 Duración: 01h02min

    Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons alles geleer het in 2016. Hier's 'n paar flashback interview nuggets met Gian Groen, Inge Beckmann, Koos Kombuis, Hanru Niemand, Melt Sieberhagen, George van der Spuy, Gerhard Grobler en Annie Klopper. Dankie dat jy luister. Vertel gerus jou vriende van die show en wys hulle hoe om te luister met jou foon of rekenaar, jy maak mos uit van hierdie goed.  

  • Episode 85. - Deon Maas

    01/12/2016 Duración: 01h32min

    Deon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het. Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek ‘Melk die heilige koeie’ launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.

  • Episode 84. - Peter Mitchell (Pietman)

    24/11/2016 Duración: 01h45min

    Peter Mitchell is die verhoognaam van Pietman Geldenhuys – daai ou agter ‘Die Skot’-karakter wat ook deesdae met stories boer op die gewilde kykNET-program Oppiestoep wat hy saam met Andries Vermeulen aanbied. Maar meer as dit is Pietman eintlik ’n musiekant en ’n singer-songwriter… Pietman is eintlik baie dinge, dus moes hy in die garage kom kuier sodat ons kan uitvind van al hierdie dinge wat Pietman is, was en maybe nog gaan wees. Maak jouself reg vir 'n paar mooi stories.

  • Episode 83. - 'n B-sides Optel-Interview Met Yusuf Allie

    17/11/2016 Duración: 31min

    Willim laai sy laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe hy ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op. Hy bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.

  • Episode 82. - Pierre-Arnold Theron

    10/11/2016 Duración: 01h46min

    Pierre-Arnold Theron was vir nege jaar die teatrale perkussiespeler in Mr Cat & The Jackal, hy’s ook die vibes manager by DPK op Stellenbosch, ’n klanktegnikus by die Konserwatorium en ’n akteur. Hy’t onlangs onder die naam Shakespierre ’n weeklikse vlog (video-blog) begin waar hy al sy missions document en deel met die wêreld. Gaan check dit uit by shakespierre.co.za. Ons gesels oor dit alles en meer. Gaan koop asb my krismis-special plaat op vhmusic.co.za.

  • Episode 81. - Ernst van Dyk

    03/11/2016 Duración: 01h20min

    Ernst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae. Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies. Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net 'n medalje worsmasjien nie, maar ook 'n baie cool dude. 

  • Episode 80. - Bacchus Nel

    27/10/2016 Duración: 01h47min

    Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.

  • Episode 79. - Jake Gunn

    20/10/2016 Duración: 01h29min

    Jake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke singer-songwriters en guitarists. Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe sommer ook die band gejoin het. Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se “Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.

  • Episode 78. - Annelise Erasmus

    13/10/2016 Duración: 01h14min

    Annelise Erasmus is ’n erotiese skrywer met drie boeke agter haar naam en sy is ook mainkonyn agter die populêre Afrikaanse blog kombietjiehier.co.za. Sy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af en ons gesels oor haar industrious loopbaan as skrywer, onafhanklike uitgewer en blogger. 

  • Episode 77. - Donovan Honeyborne

    06/10/2016 Duración: 01h13min

    Donovan Honeyborne is a singer-songwriter and actor from Pretoria who is currently on tour in Cape Town with his band Bright Lights Big City. Donovan also fronts another band called Feed The Wolf and now and then he’ll act in Afrikaans soapies where he usually plays a bad guy or a kidnapper. We talk about all his bands, influences, travels, that time when he played with Piet Botha and Jack Hammer, how Lanie van der Walt produced his solo album and his random web and video collaborations with Gifford of Watkykjy.co.za. Willim also prank calls him prior to the interview.

  • Episode 76. - Sjaka S. Septembir

    28/09/2016 Duración: 02h06min

    Sjaka S. Septembir hoef nog nooit vir hómself te gebid het nie want daar was altyd genoeg mense wat dit vír hom gedoen het.  Die invloed van bloed, pis, punk, woede, Dadaïsme, nihilisme en humor loop sterk deur Sjaka se loopbaan as underground skrywer, digter, regisseur, akteur, spoeg-en-plak zine editor en performance artist. Hy neem Willim op ’n journey deur tabakpakhuise, die vlootbasis, ’n Kaapse orgie, ’n Porselynnkas, kerkdeure in die Paarl en protesaksies teen digbundels by teaters in Stellenbosch.  Maar wat beteken dit alles? 

  • Episode 75. - Werner Smit

    22/09/2016 Duración: 01h52min

    Werner Smit is ’n self-proclaimed IT-laaitie wat way te veel videos as kind gekyk het op Ladismith waar hy en Willim saam groot geword het. Werner is ’n goeie voorbeeld van ’n ou wat gereeld die comfort zone mould van sy 8 to 5 job in IT breek om sy passions te pursue. Hy en Willim reminisce oor die destydse videowinkel-culture van Ladismith, daai Kaapse kinders, Werner se eerste jobs en hoe hy eventually ’n befokte Afrikaanse band begin het – SKUIM – en toe sommer ook ’n stand-up comedian geword het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA  

  • Episode 74. - Schalk van der Merwe

    15/09/2016 Duración: 02h01min

    Dr Schalk van der Merwe is daai veteraan bassist met die brains vir Billygoat, Bed on Bricks, Delta Blue, Gerald Clark en Karen Zoid – en daai is maar net ’n paar van die acts saam met wie hy al gewerk het op sy intimiderende CV. Schalk gee ook klas by die Universiteit van Stellenbosch waar hy onlangs sy Ph.D. studie voltooi het oor die geskiedenis en die interaksie tussen politieke gebeure en populêre musiek met spesifieke verwysing na opgeneemde Afrikaanse musiek oor die laaste 115 jaar. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor alles. Geborg deur VHmusic.co.za

  • Episode 73. - Piet Botha, Anton Goosen, Valiant Swart, Riku Lätti, Jackie Lätti en Donovan

    08/09/2016 Duración: 58min

    Hierdie is 'n spesiale B-Sides-behind-the-scenes-episode waar Willim vir Piet Botha, Riku Lätti, Jackie Lätti, Valiant Swart en vir Anton Goosen bel om 'n bietjie meer uit te vind oor die Radio Rats en sommer toe ook oor 'n klomp ander goeters gesels soos karre, SAMRO, Donovan, vet Elvis, Chuck Berry, Die Wasgoedlyn, Beatles, besoedeling, ens.  Hierdie is private telefoonoproepe en Willim moes eers toestemming kry om dit vir jou te mag speel. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA  

  • Episode 72. - Jonathan Handley & Michael Cross

    31/08/2016 Duración: 01h53min

    Jonathan Handley is the enigmatic songwriter and guitarist of that legendary band from Springs called Radio Rats. Michael Cross made a documentary about the band called “Jiving and Dying: The Radio Rats Story.” According to Cross, the film, twenty-five years in the making, introduces the music of the Rats and the words of Jonathan Handley “in an attempt to afford them the place they deserve in the history of independent rock ’n’ roll in South Africa.” Willim goes to the screening of the film this past Saturday at the Labia Theatre and lures Jonathan and Michael back to his garage the next morning to talk about the Rats, the film, the music, Springs and James Phillips. Jonathan also riffs on digital tape machines, tape hiss, noise reduction, how small town music scenes are Darwinian in nature, not having suitcases full of cash and why he is an anaesthetist by day and a songwriter, guitarist, cartoon artist and an archiver by night.  Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA Luister die intro vir die special discount of

página 5 de 9