Sinopsis
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Episodios
-
Episode 76. - Sjaka S. Septembir
28/09/2016 Duración: 02h06minSjaka S. Septembir hoef nog nooit vir hómself te gebid het nie want daar was altyd genoeg mense wat dit vír hom gedoen het. Die invloed van bloed, pis, punk, woede, Dadaïsme, nihilisme en humor loop sterk deur Sjaka se loopbaan as underground skrywer, digter, regisseur, akteur, spoeg-en-plak zine editor en performance artist. Hy neem Willim op ’n journey deur tabakpakhuise, die vlootbasis, ’n Kaapse orgie, ’n Porselynnkas, kerkdeure in die Paarl en protesaksies teen digbundels by teaters in Stellenbosch. Maar wat beteken dit alles?
-
Episode 75. - Werner Smit
22/09/2016 Duración: 01h52minWerner Smit is ’n self-proclaimed IT-laaitie wat way te veel videos as kind gekyk het op Ladismith waar hy en Willim saam groot geword het. Werner is ’n goeie voorbeeld van ’n ou wat gereeld die comfort zone mould van sy 8 to 5 job in IT breek om sy passions te pursue. Hy en Willim reminisce oor die destydse videowinkel-culture van Ladismith, daai Kaapse kinders, Werner se eerste jobs en hoe hy eventually ’n befokte Afrikaanse band begin het – SKUIM – en toe sommer ook ’n stand-up comedian geword het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 74. - Schalk van der Merwe
15/09/2016 Duración: 02h01minDr Schalk van der Merwe is daai veteraan bassist met die brains vir Billygoat, Bed on Bricks, Delta Blue, Gerald Clark en Karen Zoid – en daai is maar net ’n paar van die acts saam met wie hy al gewerk het op sy intimiderende CV. Schalk gee ook klas by die Universiteit van Stellenbosch waar hy onlangs sy Ph.D. studie voltooi het oor die geskiedenis en die interaksie tussen politieke gebeure en populêre musiek met spesifieke verwysing na opgeneemde Afrikaanse musiek oor die laaste 115 jaar. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor alles. Geborg deur VHmusic.co.za
-
Episode 73. - Piet Botha, Anton Goosen, Valiant Swart, Riku Lätti, Jackie Lätti en Donovan
08/09/2016 Duración: 58minHierdie is 'n spesiale B-Sides-behind-the-scenes-episode waar Willim vir Piet Botha, Riku Lätti, Jackie Lätti, Valiant Swart en vir Anton Goosen bel om 'n bietjie meer uit te vind oor die Radio Rats en sommer toe ook oor 'n klomp ander goeters gesels soos karre, SAMRO, Donovan, vet Elvis, Chuck Berry, Die Wasgoedlyn, Beatles, besoedeling, ens. Hierdie is private telefoonoproepe en Willim moes eers toestemming kry om dit vir jou te mag speel. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 72. - Jonathan Handley & Michael Cross
31/08/2016 Duración: 01h53minJonathan Handley is the enigmatic songwriter and guitarist of that legendary band from Springs called Radio Rats. Michael Cross made a documentary about the band called “Jiving and Dying: The Radio Rats Story.” According to Cross, the film, twenty-five years in the making, introduces the music of the Rats and the words of Jonathan Handley “in an attempt to afford them the place they deserve in the history of independent rock ’n’ roll in South Africa.” Willim goes to the screening of the film this past Saturday at the Labia Theatre and lures Jonathan and Michael back to his garage the next morning to talk about the Rats, the film, the music, Springs and James Phillips. Jonathan also riffs on digital tape machines, tape hiss, noise reduction, how small town music scenes are Darwinian in nature, not having suitcases full of cash and why he is an anaesthetist by day and a songwriter, guitarist, cartoon artist and an archiver by night. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA Luister die intro vir die special discount of
-
Episode 71. - Ryno Velvet
25/08/2016 Duración: 02h34minRyno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur. Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA. Luister die intro vir die special discount offer.
-
Episode 70. - Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel
18/08/2016 Duración: 01h04minJeandré ‘Pikkie’ Swanepoel is die energieke frontman van die Kaapse rock band De Wallen. Willim word die Saterdag wakker in Kreefhotel by Oppikoppi en hy sien 'n vars Jeandré en nooi hom toe sommer vir ’n tentgesprek oor rock 'n' roll, ouers, fuck-ups, fucked raak, expectations, daai Battle for Maiden kompetisie en wat dit vir 'n band beteken om by Oppikoppi te mag speel. Hulle het gehuil. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 69. - Oppikoppi 2016
09/08/2016 Duración: 01h32minWillim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel. Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation by 'n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan Keith Richards behoort het. Willim gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
-
Episode 68. - Medicine Boy
03/08/2016 Duración: 01h20minMedicine Boy is a dream-noise duo from Cape Town and they will be releasing their latest album Kinda Like Electricity on the 13th of August at the Magnet Theatre in Observatory. Willim talks to André Leo and Lucy Kruger about their previous bands, the new album, Medicine Boy’s song writing dynamic and the (un?)necessary assumptions a listener can make about the band because of the biographical nature of the songs. Reverb, light, love and shade. Geborg deur VHmusic.co.za
-
Episode 67. - Anton Marshall
28/07/2016 Duración: 01h40minBefore Anton Marshall became the online editor of Rolling Stone South Africa magazine in 2011 – he first had to earn his stripes across various multi-media platforms like community radio, ETV, Channel 24 and WorldOnline. Anton also played in a variety of Cape Town-based bands including The Dolly Rockers, Three More White Guys and Long Time Citizen. Willim talks to Anton about all of it and what performing musicians can learn from professional wrestlers. They also discuss the mechanics of music reviews and those crazy days at the Rolling Stone office where Anton took Willim under his wing and learned him to fly. Geborg deur vhmusic.co.za and vhstudios.co.za.
-
Episode 66. - Rudi en Arthur Dennis
21/07/2016 Duración: 01h19minRudi en Arthur Dennis is daai legendariese tweeling van die hardwerkendste en mees vreelose Afrikaanse rock band: AKKEDIS. Akkedis het ’n nuwe album uit – Onder Ou Tafelberg – maar voor ons oor daai album gesels moet ons eers uitvind hoe en waar die tweeling groot geword het en wat alles in die koshuise, army, studios en op die pad gebeur het. Geborg deur vhmusic.co.za, vhstudios.co.za, Kreefhotel en bongalong.co.za.
-
Episode 65. - Riaan Nieuwenhuis
14/07/2016 Duración: 01h32minRiaan Nieuwenhuis is ’n multi-instrumentalist en een van die founding members van Delta Blue. Hy het ook al gerecord saam met The Parlor Vinyls, Southern Gypsey Queen, Basson Laubscher and The Violent Free Peace, Piet Potent en op sy eie solo instrumental projects. Riaan vertel van al sy travels, Stellenbosch in die 90s, sy musical journey en ons bespreek ook sy nuwe album Collaborator. Hierdie episode is geborg deur die online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal) en Kreefhotel by Oppikoppi.
-
Episode 64. - Jaco 'Snakehead' Venter
07/07/2016 Duración: 01h14minJaco Snakehead Venter is die drummer van Fokofpolisiekar en aKING. Hy kom kuier in die garage en gesels oor Fokofpolisiekar se album Swanesang se tien jaar anniversary vinyl wat nou net uitgekom het, sy belangstelling in photography, sy betrokkenheid op Jack Parow se nuwe travelprogram Dis Hoe Ons Rol en die business model agter FOKOF Lager – die official Fokofpolisiekar bier brand. Hierdie episode is geborg deur vhmusic.co.za en Kreefhotel by Oppikoppi.
-
Episode 63. - Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques
30/06/2016 Duración: 01h32minSimone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’. Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was - wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari Surfers, Falling Mirror, Die Naaimasjiene, Terminatryx en nog vele meer. Simone gesels ook oor haar verhouding met haar ma en haar ma se skryfwerk. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
-
Episode 62. - Luna Paige
23/06/2016 Duración: 01h15minLuna Paige is ’n industrious singer-songwriter met die stem van ’n engel, maar die attitude van ’n rocker. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe sy groot geword het as enkelkind, hoe Tori Amos haar inspire het, haar work ethic, die dae toe sy gewaiter het by Dorpstraat Teater in Stellenbosch, hoe sy al haar albums en haar live DVD aangepak het en haar nuwe produksie company Iluminar Productions. Hulle raak ook nostalgies oor die dae toe die live music scene in Stellenbosch geblom het. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
-
Episode 61. - Valiant Swart
16/06/2016 Duración: 01h52min’n Cool en kalm Valiant Swart kom kuier in die garage en vertel vir Willim van sy eerste kitaar, sy eerste amp, sy eerste paying residency gig by die Kimberley Hotel, meeste van sy albums en hoe hy sommer toe ook ’n TV-aanbieder en actor geword het. Hulle gesels ook sy nuwe album Nagrit, sy vriendskap met Ollie Viljoen en Koos Kombuis, die dae toe hy vir Akkedis tromme gespeel het en stories agter songs soos "Sonvanger" en "Kleinmond Koebaai". Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
-
Episode 60. - Daggaverkoper
09/06/2016 Duración: 01h14minWillim ontmoet ’n vriendelike daggaverkoper een aand en vra hom of hy sal instem om ’n onderhoud te doen. Hy stem in en vertel ons hoe sy besigheid werk, wat se risk daar betrokke is en hoe hy homself uit die moeilikheid hou. Hierdie episode is geborg deur die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
-
Episode 59. - André Kriel
02/06/2016 Duración: 01h18minAndré Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones. Willim en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe hulle by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat hy moes doen voor hy self ’n voltydse musikant kon word. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
-
Episode 58. - STRAB Met Conrad Jamneck en Andries Burger
24/05/2016 Duración: 41minWillim en sy band Die Sunrise Toffies is oppad Mozambique toe om by die legendariese STRAB festival te gaan speel. Hy spoor 'n ou Rolling Stone onderhoud op wat hy in 2013 gedoen het in Mozambique met Conrad Jamneck en Andries Burger - twee van die organiseerders van die fees. Hy vra hulle uit oor die geskiedenis van die fees, al die logistieke boublokke en hoekom dit so befok is.
-
Episode 57. - Gesprekke Oor Iron Maiden
18/05/2016 Duración: 57minWillim bel vir drummer Jean Middelvinger van Dead Lucky, Black Cat Bones se bassist Chris Danger Thundervolt, Griffin en Chopper Charlie van Watkykjy.co.za en sy ou vriend Jacques Stemmet van Oudtshoorn, wat die baskitaar geklap het in The Great Apes… hy vra hulle uit oor Iron Maiden en wat aangaan met hulle eie bands (en blog).