Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 240:35:17
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 71. - Ryno Velvet

    25/08/2016 Duración: 02h34min

    Ryno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur. Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting.   Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA. Luister die intro vir die special discount offer.

  • Episode 70. - Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel

    18/08/2016 Duración: 01h04min

    Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel is die energieke frontman van die Kaapse rock band De Wallen. Willim word die Saterdag wakker in Kreefhotel by Oppikoppi en hy sien 'n vars Jeandré en nooi hom toe sommer vir ’n tentgesprek oor rock 'n' roll, ouers, fuck-ups, fucked raak, expectations, daai Battle for Maiden kompetisie en wat dit vir 'n band beteken om by Oppikoppi te mag speel. Hulle het gehuil.  Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA

  • Episode 69. - Oppikoppi 2016

    09/08/2016 Duración: 01h32min

    Willim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel. Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation by 'n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan Keith Richards behoort het. Willim gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA 

  • Episode 68. - Medicine Boy

    03/08/2016 Duración: 01h20min

    Medicine Boy is a dream-noise duo from Cape Town and they will be releasing their latest album Kinda Like Electricity on the 13th of August at the Magnet Theatre in Observatory. Willim talks to André Leo and Lucy Kruger about their previous bands, the new album, Medicine Boy’s song writing dynamic and the (un?)necessary assumptions a listener can make about the band because of the biographical nature of the songs. Reverb, light, love and shade. Geborg deur VHmusic.co.za

  • Episode 67. - Anton Marshall

    28/07/2016 Duración: 01h40min

    Before Anton Marshall became the online editor of Rolling Stone South Africa magazine in 2011 – he first had to earn his stripes across various multi-media platforms like community radio, ETV, Channel 24 and WorldOnline. Anton also played in a variety of Cape Town-based bands including The Dolly Rockers, Three More White Guys and Long Time Citizen. Willim talks to Anton about all of it and what performing musicians can learn from professional wrestlers. They also discuss the mechanics of music reviews and those crazy days at the Rolling Stone office where Anton took Willim under his wing and learned him to fly. Geborg deur vhmusic.co.za and vhstudios.co.za.

  • Episode 66. - Rudi en Arthur Dennis

    21/07/2016 Duración: 01h19min

    Rudi en Arthur Dennis is daai legendariese tweeling van die hardwerkendste en mees vreelose Afrikaanse rock band: AKKEDIS. Akkedis het ’n nuwe album uit – Onder Ou Tafelberg – maar voor ons oor daai album gesels moet ons eers uitvind hoe en waar die tweeling groot geword het en wat alles in die koshuise, army, studios en op die pad gebeur het. Geborg deur vhmusic.co.za, vhstudios.co.za, Kreefhotel en bongalong.co.za.

  • Episode 65. - Riaan Nieuwenhuis

    14/07/2016 Duración: 01h32min

    Riaan Nieuwenhuis is ’n multi-instrumentalist en een van die founding members van Delta Blue. Hy het ook al gerecord saam met The Parlor Vinyls, Southern Gypsey Queen, Basson Laubscher and The Violent Free Peace, Piet Potent en op sy eie solo instrumental projects. Riaan vertel van al sy travels, Stellenbosch in die 90s, sy musical journey en ons bespreek ook sy nuwe album Collaborator. Hierdie episode is geborg deur die online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal) en Kreefhotel by Oppikoppi.

  • Episode 64. - Jaco 'Snakehead' Venter

    07/07/2016 Duración: 01h14min

    Jaco Snakehead Venter is die drummer van Fokofpolisiekar en aKING. Hy kom kuier in die garage en gesels oor Fokofpolisiekar se album Swanesang se tien jaar anniversary vinyl wat nou net uitgekom het, sy belangstelling in photography, sy betrokkenheid op Jack Parow se nuwe travelprogram Dis Hoe Ons Rol en die business model agter FOKOF Lager – die official Fokofpolisiekar bier brand. Hierdie episode is geborg deur vhmusic.co.za en Kreefhotel by Oppikoppi.

  • Episode 63. - Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques

    30/06/2016 Duración: 01h32min

    Simone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’. Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was - wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari Surfers, Falling Mirror, Die Naaimasjiene, Terminatryx en nog vele meer. Simone gesels ook oor haar verhouding met haar ma en haar ma se skryfwerk. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 62. - Luna Paige

    23/06/2016 Duración: 01h15min

    Luna Paige is ’n industrious singer-songwriter met die stem van ’n engel, maar die attitude van ’n rocker. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe sy groot geword het as enkelkind, hoe Tori Amos haar inspire het, haar work ethic, die dae toe sy gewaiter het by Dorpstraat Teater in Stellenbosch, hoe sy al haar albums en haar live DVD aangepak het en haar nuwe produksie company Iluminar Productions. Hulle raak ook nostalgies oor die dae toe die live music scene in Stellenbosch geblom het. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 61. - Valiant Swart

    16/06/2016 Duración: 01h52min

    ’n Cool en kalm Valiant Swart kom kuier in die garage en vertel vir Willim van sy eerste kitaar, sy eerste amp, sy eerste paying residency gig by die Kimberley Hotel, meeste van sy albums en hoe hy sommer toe ook ’n TV-aanbieder en actor geword het.  Hulle gesels ook sy nuwe album Nagrit, sy vriendskap met Ollie Viljoen en Koos Kombuis, die dae toe hy vir Akkedis tromme gespeel het en stories agter songs soos "Sonvanger" en "Kleinmond Koebaai".  Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 60. - Daggaverkoper

    09/06/2016 Duración: 01h14min

    Willim ontmoet ’n vriendelike daggaverkoper een aand en vra hom of hy sal instem om ’n onderhoud te doen. Hy stem in en vertel ons hoe sy besigheid werk, wat se risk daar betrokke is en hoe hy homself uit die moeilikheid hou. Hierdie episode is geborg deur die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.  

  • Episode 59. - André Kriel

    02/06/2016 Duración: 01h18min

    André Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones. Willim en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe hulle by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat hy moes doen voor hy self ’n voltydse musikant kon word. Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

  • Episode 58. - STRAB Met Conrad Jamneck en Andries Burger

    24/05/2016 Duración: 41min

    Willim en sy band Die Sunrise Toffies is oppad Mozambique toe om by die legendariese STRAB festival te gaan speel.  Hy spoor 'n ou Rolling Stone onderhoud op wat hy in 2013 gedoen het in Mozambique met Conrad Jamneck en Andries Burger - twee van die organiseerders van die fees. Hy vra hulle uit oor die geskiedenis van die fees, al die logistieke boublokke en hoekom dit so befok is. 

  • Episode 57. - Gesprekke Oor Iron Maiden

    18/05/2016 Duración: 57min

    Willim bel vir drummer Jean Middelvinger van Dead Lucky, Black Cat Bones se bassist Chris Danger Thundervolt, Griffin en Chopper Charlie van Watkykjy.co.za en sy ou vriend Jacques Stemmet van Oudtshoorn, wat die baskitaar geklap het in The Great Apes… hy vra hulle uit oor Iron Maiden en wat aangaan met hulle eie bands (en blog).

  • Episode 56. - Danie Marais

    12/05/2016 Duración: 01h22min

    Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Hy kom riff in die garage oor sy kinderdae, hoe die platebiblioteek en sy neefs op De Doorns se musiekvoorkere sy identiteit beïnvloed het en hoe sy stint en eerste huwelik in Duitsland die pas aangegee het om sy debuutbundel In Die Buitenste Ruimte die lig te laat sien.

  • Episode 55. - Almuir Botha

    05/05/2016 Duración: 01h15min

    Almuir Botha is ’n baie skaam kitaarspeler wat al baie moes drink om live te kon speel en vloek in bands soos Raaskopleef, Delta Blue, Jakkie Louw en Amafist. In sy eerste interview in 10 jaar vertel hy hoe hy in St.8 weggeloop het van die huis af en Durban toe gehike het, hoe hy na skool gepoog het om die beste kitaarspeler in wêreld te word, hoekom hy eventueel opgehou drink het en sy lang dreads geknip het. Hy gesels ook oor sy nuwe band Orwellington en sy home studio.

  • Episode 54. - Haddad Viljoen

    28/04/2016 Duración: 01h24min

    Haddad Viljoen was vir ’n hele paar jaar die bemarkingsbestuurder vir Aardklop en toe vir KykNet en toe ook vir MK. Vandag is hy die CMO van Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens. Haddad kom kuier in die garage en vertel hoe mal sy job by Aardklop was en hoekom DSTV se musiekkanaal MK begin en geëindig het. Hy vat ons ook diep binne in the belly of the TV-beast waar hy verduidelik hoe KykNET, MNET, Multi Choice en DSTV se operations werk en hoekom Afrikaanse musiekliefhebbers en musiekante opgewonde moet raak oor Liedjie.

  • Episode 53. - Gareth Vorster

    21/04/2016 Duración: 01h19min

    Gareth Vorster was die lead singer vir Shy Guevaras en Filth en hy het serious pype, met ander woorde: hy kán sing. In ’n baie revealing interview maak Gareth oop oor hoe hy sy verslawing aan heroïen oorkom het en wat se impak ‘pyn’ op sy vocal abilities en lewe gehad het. Daar is ook cool stories oor sy skooldae, rugby, surfing en daai keer toe sy band Shy Guevaras by My Coke Fest die stage gedeel het saam met Muse en Korn.

  • Episode 52. - Albert Hammond

    13/04/2016 Duración: 38min

    The legendary songsmith Albert Hammond is heading to South Africa to perform in Cape Town at the Artscape Operahouse on the 14th of April and in Johannesburg at the Teatro Montecasino on the 16th of April. Willim calls him in New York prior to his departure to discuss his jam-packed world tour, the mystery behind his songwriting success and his initial involvement with The Strokes’ debut album Is This It – for whom his son Albert Hammond Jnr. plays guitar. 

página 6 de 9