Sinopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodios
-
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
07/08/2025 Duración: 28minIn vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken. Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
-
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer
01/08/2025 Duración: 29minIn hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.)Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?
24/07/2025 Duración: 29minIn hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
08/07/2025 Duración: 42minIn die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?Podlitiek word aangebied deur:Arno RoodtLouis BoshoffErnst van Zyl
-
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
02/07/2025 Duración: 33minIn hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
-
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys
26/06/2025 Duración: 33minIn hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ...Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius
24/06/2025 Duración: 51minPodlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks! Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis. Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.)Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens
18/06/2025 Duración: 21minIn hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_
11/06/2025 Duración: 31minIn hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van Zyl Louis BoshoffArno Roodt
-
Ep. 269 - Bestuurslisensies wat agter raak en Cyril wat uit twee monde praat
04/06/2025 Duración: 23minIn hierdie episode gesels Ernst, Arno en Louis oor die agterstand in die uitreik van bestuurslisensiekaarte. Hoe kan dit so moeilik wees om een nuwe drukker te kry? Intussen sing Pres Cyril Ramaphosa 'n heel ander deuntjie in Suid-Afrika as toe hy in Amerika was. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
-
Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis
22/05/2025 Duración: 39minIn hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees?Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
-
Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is
15/05/2025 Duración: 23minVandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate
07/05/2025 Duración: 27minIn vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad. Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.
-
Ep. 265 - Trump se tariewe ontleding en Zimbabwe-boere ontvang vergoeding
10/04/2025 Duración: 26minErnst en Louis bespreek VSA president Donald Trump se lang lys globale tariewe, asook die Zimbabwiese regering wat dollar-effekte uitreik aan boere ter vergoeding vir grondgrype.
-
Ep. 264 - Is Trump reg oor Suid-Afrika Gaan die ANC ingee oor BTW vir die DA
02/04/2025 Duración: 26minErnst en Louis bespreek AfriForum se nuutste dokumentêr oor raswette, die Onteieingswet, plaasmoorde, en "Kill the Boer, asook waar die debat en stryd oor die nasionale begroting staan.
-
Ep. 263 - Trump wil Afrikaners red, Ramaphosa teken Onteieningswet, AfriForum hoogverraad of verset
14/03/2025 Duración: 33minErnst en Louis bespreek die gebeure van die afgelope 5 weke wat insluit President Cyril Ramaphosa wat die omstrede Onteieingswet onderteken het, President Donald Trump en Elon Musk se druk op die Suid-Afrikaanse regering en ANC, AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Beweging se besoek aan die VSA, die klagtes van hoogverraad teen die laasgenoemde delegasie, en meer.
-
Ep. 262 - Regsektor-rasregulasies uitgedaag in hof, Stilfontein situasie lyk rof
17/01/2025 Duración: 27minIn die eerste episode van 2025, ontnonens Ernst en Louis die internasionale regsfirma Norton Rose Fulbright se saak teen die regering se nuutste rasregulasies in die regsektor, asook die dodelike stand van sake wat onwettige mynwerkers betref in Stilfontein. Podlitiek is ook op iTunes, Spotify, Twitter, Facebook, Telegram en meer.
-
Geloftedag en die Voortrekkers se sabbatsbeskouing - Feesrede by Leeubos Geloftefees 2024 - Louis Boshoff
17/12/2024 Duración: 28minWat is die oorspronklike bewoording van die Bloedriviergelofte? Hoe het ons gekom by die Afrikaanse weergawe wat vandag gebruik word? Moet ons Geloftedag regtig soos 'n sabbat deurbring? Wat presies het die Voortrekkers bedoel as hulle van 'n sabbat gepraat het?Louis Boshoff gaan delf in die oorspronklike bronne om hierdie vrae te beantwoord en deel 'n paar tydlose lesse uit die Voortrekkers se sabbatsbeskouing.
-
Ep 260 Solidariteit en AfriForum skik oor BELA kragtariewe pla min vir NERSA
06/12/2024 Duración: 24minIn hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Solidariteit Beweging, wat vir AfriForum insluit, se skikking met die regering oor die BELA-wet, asook NERSA se standpunt oor kragtariefverhogings.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl en Louis Boshoff.
-
Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes
23/11/2024 Duración: 30minIn hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk