Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 268:52:33
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 45. - George van der Spuy

    03/03/2016 Duración: 01h34min

    Kort voor George van der Spuy begin sing het in Taxi Violence, het hy en Willim mekaar een aand in J-Bay gedurende ’n drug bust ontmoet. George kom kuier 12 jaar later in die garage en vertel hoe sy pa hom leer drums speel het, hoe hy amper ’n drie op Nuweland gedruk het en hoe sy eerste band, Drain, begin het in Paul Roos toe hy 13 jaar oud was. Hy vertel van sy jobs in London, sy legendary rehearsal studio Kill City Blues, hoe hy van kleins af wys geraak ivm met record deals, Taxi Violence se DIY approach en wat toe nou eintlik gebeur het met sy supergroup band: Goodnight Wembley. Hierdie episode is geborg deur Bongalong.co.za

  • Episode 44. - Riaan Smit

    25/02/2016 Duración: 01h07min

    Riaan Smit is die growling frontman en guitarist in Crimson House – ’n Cape Town-based blues-rock band al die pad van Windhoek af. Riaan is ook Willim se neef en sy life story is ’n Hollywood script waiting to happen met scenes en characters set in Amerika, Spanje, Namibië, Mozambique en Suid-Afrika. Sy musiekloopbaan begin by punk, dit gaan maak 'n lang draai by metal en vandag - iewers tussen die boude van die blues, die harde tande van rock en die vuil vingers van funk - pluk hy die vrugte. Hierdie episode is geborg deur Bongalong.co.za.

  • Episode 43. - Melt Sieberhagen

    18/02/2016 Duración: 01h13min

    Melt Sieberhagen het in 2006 begin stand-up comedy doen – jy sou hom ook al probably op tv shows en flieks gesien het soos Kunskafee, Kwêla, Kompleks, VNL, Proestraat, Egoli, Oh Schucks - I’m Gatvol en District 9. Hy kom kuier in die garage vertel hoe hy groot geword het op Ventersdorp as enigste kind en hoe sy loopbaan op die stage, tv, grootskerm en radio begin het. Hulle gesels ook oor sy show The Flying Dutchman wat hy saam met sy longtime friend en collaborator Hannes Brümmer doen by die Woordfees op Stellenbosch die 7de Maart en dan weer die 17de Maart by die Centurion Teater met spesiale gas Casper de Vries.

  • Episode 42. - Hanru Niemand

    11/02/2016 Duración: 01h11min

    Hanru Niemand is bedags ’n koel en kalm sielkundige en snags skryf hy soms satiriese, soms surrealistiese, maar meestal mooi songs. Willim en Hanru bespreek sy nuwe album Kreeftegang, al sy vorige albums, sy ontnugtering oor hoe om op die radio geplaylist te word en wat alles soms agter die toe deur van sy sielkundepraktyk kan gebeur. Somewhere is daar ’n kort psigoanalise van Gert Vlok Nel se bundel Om te Lewe Is Onnatuurlik. Hulle gesels ook oor die underrated waarde van moderne patrons of the arts.  

  • Episode 41. - Koos Kombuis

    04/02/2016 Duración: 01h12min

    Willim kry uiteindelik die geleentheid om vir ’n uur lank met sy childhood hero en gunsteling Afrikaanse songwriter te gesels en die gesprek stel nie teleur nie. Dus is dit geen verrassing dat die gesprek die hele arc van Koos se loopbaan as skrywer en musikant probeer dek het: Van kinderdae tot Voëlvry-vibes, sy bedanking uit die Afrikanerdom, wat alles gebeur het op daai trein-trip KKNK toe, van verslawing na suburbia, van Weskoppies tot by Somerset-Wes, sy verhouding met sy collaborators en sy nuutse jeugroman Monster Goggas wat einde Februarie uitkom. Ons kry ook ’n impromptu performance van sy song “Verslaaf” met ’n paar nuwe lirieke. Hierdie episode is geborg deur Tunes Studio in Plankenbrug Stellenbosch, vir band rehearsal space, live sound, tromlesse en afslag op musiekinstrument accessories Kontak TUNESSTUDIO@GMAIL.COM of bel 082 770 47 98. Die episode ook geborg deur VHSTUDIOS.CO.ZA en VHMUSIC.CO.ZA – gaan record by ’n wêreldklas studio fasiliteit of gaan doen online music shopping.

  • Episode 40. - Jo Ellis

    28/01/2016 Duración: 01h33min

    Willim gaan op ’n solo ‘connecting-with-your-roots’ road trip na Ladismith en Oudtshoorn toe en oppad terug Kaap toe stop hy by studio engineer en producer Jo Ellis. Jo het Willim se eerste EP en vier van sy albums produce by sy home facility: Blooroom Studios op Ladismith. Hulle gaan grawe ’n paar nostalgiese diamante uit Jo Ellis se geskiedenis uit en riff oor sy studio se small beginnings wat vandag ’n groot sukses is, hoe anders dit is om op die platteland te record en sy current projects. Albums en projects wat hy al record het en waaroor gesels word sluit in Jake Gunn, Jet Black Camaro, Ann Jangle, Strident en natuurlik Willim se William Welfare album. Hulle gesels ook oor die exclusive soundtrack wat hy saam met Deon Van Heerden van Strident gerecord het vir die BROFORCE computer game. Update: Die oom by wie Willim gaan kuier het Saterdag is toe Dinsdagaand dood. RIP oom Fred Barnard. 

  • Episode 39. - Inge Beckmann

    21/01/2016 Duración: 01h08min

    Toe Inge Beckmann ’n dogtertjie was het haar ma haar eendag geleer harmonise in die bad en vandag is sy een van ons mees veelsydige vocal exports. Om daai blou alien in Fifth Element ’n go te gee agter die mic is nie haar enigste talent nie, sy doen ook deesdae kunsuitstallings en sy act in groot internasionale films en TV reekse. Sy kom kuier in die garage en vertel van haar bands Lark, BEAST, The Spindle Sect en haar nuutse kunsuitstalling Uilien. Willim vis ook heavy uit oor hoe dit was om te co-star saam met ouens soos Forest Whitaker, Orlando Bloom en Daniel Radcliffe. 

  • Episode 38. - Gian Groen

    14/01/2016 Duración: 01h23min

    Gian Groen kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe hy sy job as ’n pluimveeteler gelos het om ’n sy band Spinnekop te begin. Hulle gesels oor hoe Laurika Rauch hom genader het om sy song te cover, hoe sy eerste volband gig saam met ’n klomp metal acts was met varkkoppe op die stage en wat die implikasies is wanneer jou vrou jou booking agent en manager word. Hy vertel ook van Anton Goosen se mentorskap en hoe hy al moes gedeal het met ’n girl wat in die koerante geclaim het dat hy haar swanger gemaak het.    

  • Episode 37. - Willim Welsyn

    06/01/2016 Duración: 51min

    Al interview wat Willim op sy laptop oorgehad het na die oujaar, was ’n interview wat ’n student - Leo Angelucci - met hom kom doen het vir sy tesis wat gehandel het oor die survival van music journalism, die WATpodcast en die kom en gaan van Rolling Stone SA magazine. Happy fucking new year!

  • Episode 36. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel2

    24/12/2015 Duración: 01h10min

    In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites. Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham, Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel. Dis kersfees. Geseënde kersfees aan al die WAT Luisteraars.

  • Episode 35. - Basson Laubscher

    17/12/2015

    Basson Laubscher het vir tien jaar sy Strat se tande geslyp as die lead guitarist in Zinkplaat, hy jol ook al ’n hele paar jaar sy guitar in die Valiant Swart band.  Dus is hy legit. Ons gesels oor sy pa, ma, karate, sy eie band, sy lekker upbringing, Stellenbosch, die Bottelarypad, Kuilsrivier, Zinkplaat, Ann Jangle en hoe hy veraltyd gaan music maak. Merry Xmas. 

  • Episode 34. - Conrad Jamneck

    10/12/2015 Duración: 01h40min

    Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se klankman en ’n mens met baie goue stories. Hulle gesels oor Conrad se legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skooldae. Willim tap ook in die psyche van Conrad se alter-ego: Mr. Ooogaboooga Man. En hoe dit soms ’n groot fout kan wees om “net gou vinnig vir die Akkedisboeties te gaan baai sê voor jy moet terug vlieg Noorde toe” en eye-eye conversations met Francois van Coke. Daar is baie mooi stories oor humble ooms soos Sias Reyneke, Ollie Viljoen, Lance James, Vusi Mahlasela en natuurlik oom Jammies Jamneck. RIP oom Jammies. Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music,'n documentary wat ek gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.

  • Episode 33. - Etienne Nel

    03/12/2015 Duración: 01h01min

    Etienne Nel is die mens wat al die langste saam met Willim in ’n band gespeel het as die drummer van Die Sunrise Toffies. Hulle word wakker na ’n awkward launch gig en gesels oor die ou dae, Etienne se geskiedenis, Die Sunrise Toffies, laerskool identiteitskrisisse, Stellenbosch, Kroonstad, Ladismith en Mystic Boer.  Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music, 'n documentary wat Willim gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.

  • Episode 32. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel 1

    25/11/2015 Duración: 01h25min

    Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons geleer het. Willim sit in ’n klein Hollandse kamertjie op die 17de vloer en hy spoeg en plak vir jou al sy gunsteling brokkies interviews uit die eerste 10 episodes uit. Hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites.  Flashback interview nuggets met Toast Coetzer, Francois van Coke, Piet Botha, Andries Bezuidenhout, Rian Malan, Dirk Ace, Anton Goosen en Beer Adriaanse. Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch hierdie Saterdag die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.

  • Episode 31. - Rian Zietsman

    19/11/2015 Duración: 01h12min

    Rian Zietsman is die main guitarist in Taxi Violence en een van die twee bassists in BEAST. Rian het onlangs ophou rook. Hy kom riff in die garage oor drie van sy main musical influences: Pink Floyd, Nirvana en Queens of The Stone Age. Daar’s stories oor Cape Town kids, buskinders, acid-koppe en ander kinders wat hulle CDs moes verbrand. Hulle gesels ook oor Taxi Violence, BEAST, day jobs en hoe hy al USB logic analysers gebou het in ’n garage. En obiviously gesels hulle oor guitars! Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.  

  • Episode 30. - Beer Adriaanse (Ivm Buurtwag)

    12/11/2015 Duración: 01h31min

    Beer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels. Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien. Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos Willim en sy vrou nie. Onthou ook asb: Willim en vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, Willim se Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join. Hierdie episode is geborg deur www.decibels.co.za se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag.

  • Episode 29. - Abel Kraamsaal

    05/11/2015 Duración: 01h33min

    Abel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen. Abel kom  kuier in die Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar Willim hom heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het. Daar is ook mooi stories oor Rock Spaaider, hoe hy en sy vrou die Kunskafee in Durbanville begin het en hoekom die maag die hart van die hol, mond en keel is. Turns out Abel het nogal ’n knack vir risk assessment wanneer dit by die lewe kom. Kiff chat. Verder: Dis CONFIRMED. Die William Welfare – Shunt vinyl launch gebeur by Ellingtons in Bellville Saterdag die 28ste November! Dankie aan VH Music & Publishing wat hom publish – hulle launch ook saam met die vinyl daai selfde aand ’n doccie Zeegunst: By Invite only wat Willim gemaak het EN hulle nuwe online music shop. Stuur ’n mail na williamwelfare@gmail.com vir meer inligting.

  • Episode 28. - Wayne Davidson

    29/10/2015 Duración: 01h20min

    Wayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame. Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien - so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribution was. Hulle gesels oor Dorpstraat Teater, Steak 'n' Ale, Bowline, KKNK, Aardklop, dayjobs en hoekom hy tot vandag nog nooit vir Valiant Swart wou ontmoet het nie. Willim maak ook 'n paar belangrike announcements. 

  • Episode 27. - Ryno Velvet

    23/10/2015 Duración: 01h38min

    Willim spoor onlangs ’n long lost Rolling Stone SA interview op wat hy met Ryno Velvet gedoen vroeg in 2014. Die interview was gedoen in dieselfde tyd toe die tydskrif besig was om te roggel in sy eie bloed – dus het hy nooit die lig gesien nie… tot nou toe. Hulle gesels oor videowinkel-culture, Ryno se albums, sy connection met Jan Blohm en sy nuwe album Alfabet – wat op daai stadium nog nie uit was nie, maar nou is. Fun fact: Hierdie episode is gepost binne in ’n moving taxi met gratis aanboord Wi-fFi tussen Eindhoven en Schipol. Back to The Future naxt laval shit. 

  • Episode 26. - Albert du Plessis

    14/10/2015 Duración: 01h11min

    Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon, K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en nog vele meer. Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen, Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.

página 8 de 10