Wat Met Willim Welsyn Podcast

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 268:52:33
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 25. - Gertjie Besselsen

    07/10/2015 Duración: 01h47min

    Gertjie Besselsen is 'n actor, multi-instrumentalist, songwriter, sanger en een van die twee founding members van Mr. Cat & The Jackal - ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques du Plessis [op episode 19] is die ander founding member. Gertjie vertel vir Willim van al die heavy bands wat hy geluister het toe hy ’n laaitie was en hoe sy ouers se loopbane en skill sets dalk net ’n beduidende invloed op sy loopbaankeuses kon hê. Daar is kiff stories oor diefstal in Tygervalley, posters plak, flyers knip, wat mens alles kan doen as jy net die regte tools het en wat alles op ’n cast call gebeur. Hulle besef ook dat beide van hulle dalk net die grootste hipsters van alle tye kan wees.  Hulle gesels ook oor sy side project - The Champions of the Sonarverse – saam met DJ Invizable.          

  • Episode 24. - Liny Kruger

    30/09/2015 Duración: 01h15min

    Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak. Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer. Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.

  • Episode 23. - Francois Breytenbach Blom (Deel 2 van 2)

    25/09/2015 Duración: 51min

    In die tweede en laaste deel van Willim se interview met Francois Breytenbach Blom vertel hy toe V.O.D. ’n record deal gestrike het in Duitsland, hulle gigs in die UK, sy liefde vir Afrikaans poetry en daai keer toe hulle by hom in gebreek het en al die recordings van ’n nuwe K.O.B.U.S! album gesteel het. Hulle gesels ook oor hoe dit is om ’n metal-pa te wees, rugby, Koos Kombuis, Die Kruis, die upcoming K.O.B.U.S! vinyl en nuwe album, Barry Manilow, Nicholis Louw, Beyoncé, Burt Bacharach, authenticity en hoe om jou beast te tame. Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.    

  • Episode 22. Francois Breytenbach Blom (Deel 1 van 2)

    23/09/2015 Duración: 53min

    Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous. Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin werk het as ’n klankingenieur. Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel. Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2. Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.

  • Episode 21. - Theo Crous

    16/09/2015 Duración: 01h44min

    Theo Crous is die enigmatic guitarist vir Springbok Nude Girls en K.O.B.U.S.! Hy is ook ’n bo-baas producer en recording engineer by sy eie sy intansie -Bellville Studios - waar hy magic maak saam met artists soos Karen Zoid, Prime Circle, Dan Patlansky, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, The Parlotones en nog vele meer. Hy kom plak in die garage en gesels met Willim oor duur en desirable karre, bands, kinders groot maak, die begin van Springbok Nude Girls, weird movies, hoe hy kies saam met wie hy werk en hoe dit is om saam met ouens soos Chris Cornell en Foo Fighters live te speel. Daar is ook stories oor New York, Yoko Ono, Brian Eno, acid, rehab, Dave Grohl, Kevin Shirley en Francois Breytenbach Blom. Een befokte interview. Hierdie episode is geborg deur V&H Studios in die Kaap. As jy 'n producer of engineer is wat opsoek is na 'n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy 'n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse - gaan na vhstudios.co.za.

  • Episode 20. - Albert Maritz

    09/09/2015 Duración: 01h34min

    Albert Maritz se uiteenlopende loopbaan as akteur en stemkunstenaar het begin toe hy skaars elf jaar oud was. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim wat se groot invloed sy pa, Dawie Maritz, op sy loopbaan en lewe gehad het. Hulle gesels oor Albert sy toneelstukke, rolverdelings en wat se invloed ’n goeie teks het wanneer dit kom by die vertolking van daai legendariese karakters soos Herman Roodt in Konings en Torings en Willie Nagel in Orion. Willim vis vir interessante anecdotes en behind the scenes stories op die set van Invictus… en hy kry ’n hele paar. Hulle bespreek ook Albert se rol in Buurtwag, ’n nuwe plaaslike drama-komedie wat die 30ste September op KykNet begin rol. 

  • Episode 19. - Jacques du Plessis

    02/09/2015 Duración: 01h25min

    Jacques du Plessis is ’n multi-instrumentalist en een van die twee founding members in Mr. Cat & The Jackal – ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques kom polish ’n paar lang blikke Guinness in die garage en vertel vir Willim hoe hy en Gertjie Besselsen Mr. Cat & The Jackal begin het. Hulle gesels oor DIY-ethics, hoe Willim een aand secret recordings van Inge Beckmann by Jacques gesteel het, perlemoen-musiek, hoe om die saag te speel, Kunskafee-dae, die dae toe bands nog posters geplak het en hoe Mr. Cat & The Jackal se eerste album met ’n kak Carol mic gerecord was. Hulle besef ook dat Arcade Fire dalk die idee van hulle stage costumes kon gesteel het en hulle chat ook oor Jacques se connection met Donny Truter se band Taleswapper.              

  • Episode 18. - Schalk Bezuidenhout

    26/08/2015 Duración: 01h33min

    Schalk Bezuidenhout is ’n aspirant akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin naam maak het in die land.  Sy gesig is op Comedy Central billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op Aromat adverts, hy doen Youtube skits, hy emcee musical festivals en dan open hy sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En hy is nou eers 23 jaar oud. Hy kom plak in die garage laat een aand saam met Willim en ’n bottel goedkoop vonkelwyn en hulle gesels oor comedy vs. acting, kampuslewe op UCT, sy connection met Trevor Noah, Afrikaans vs. Engelse comedy, Gemengde Vrugte, corporate gigs en hecklers. Hulle riff ook oor #RhodesMustFall, Engelse kinders en sy dae op Hoërskool waar alles begin het.  Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik –

  • Episode 17. - Henry Jack Cloete

    19/08/2015 Duración: 01h37min

    Henry Jack Cloete is ’n veelsydige joernalis, skrywer, interviewer, sanger en kitaarspeler vir die post-apokaliptiese Afrikaanse Folk-Grunge band Die Skynmaagde. Henry en Willim is in dieselfde jaar gebore en hulle paaie het al ’n hele paar keer gekruis binne die mediakringe en musieklandskap van Suid-Afrika. Hy kom plak in die garage en Willim interrogate hom oor al sy eindelose jobs as ’n joernalis en hulle bespreek die skryfproses van sy se debuut roman - ’n Draalnoot vir ’n Janfiskaal - wat onlangs die lig gesien het. Verder gesels hulle oor Litnet-interviews en Henry se band Die Skynmaagde. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.zavir meer besonderhede.

  • Episode 16. - Martelize Brink

    11/08/2015 Duración: 01h10min

    Martelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het. Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel nie… miskien die parkering. En nee… hierdie onderhoud het nie gebeur agv Vrouemaand nie, dis net toevallig Augustus toe Martelize kom kuier het. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit.  Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug

  • Episode 15. - Louis Nel

    05/08/2015 Duración: 01h29min

    Louis Nel is Taxi Violence se drummer en hy speel een van die twee baskitare in BEAST. Louis kom plak in Willim se garage en hulle travel terug in tyd waar hy as kind elke oggend die TableView/Kaapstad bus gevat het skool toe en hoe sy vriendskap met Rian Zietsman en Loedi van Renen begin het. Daar is kiff stories van sy Hoërskool band 508 se rivalry met George van der Spuy en AJ Graham se band Hoërskool band Drain. Louis vertel ook van al die random jobs wat hy al gehad het en hoe Taxi Violence en BEAST begin het en hoe befok dit was om bands soos AC/DC, Rage Against The Machine, Nirvana en Queens of The Stone Age te discover. Verder: Willim speel hierdie Sondag die 9de Aug. by Bohemia in Stellenbosch. Kom stiek yt. Show begin 20h00. 

  • Episode 14. - Hunter Kennedy

    29/07/2015 Duración: 01h20min

    Hunter is die towerwoorder en kitaarspeler in Fokofpolisiekar - as ook die baskitaarspeler en tweede towerwoorder in Die Heuwels Fantasies. Hunter en Willim gesels oor die eerste Blood Brothers gig, daai keer toe Fokofpolisiekar by Willim se 21st gespeel het 10 jaar terug, toevallig ook die selfde jaar toe hulle Monoloog In Stereo uitgereik het. Hulle praat oor daai album se recording, oor hoe sommige Fokof lirieke deur die venster van Rian Malan se boek My Traitor’s Heart gesien kan word, die gevoel van veiligheid en die suburbs. Hulle gesels ook oor hoe Die Heuwels Fantasies begin het, behind the scenes stories by Huisgenoot Skouspel en Philip “Geldwolf” Erasmus se elaborate depature uit die band uit.

  • Episode 13. - Riku Lätti

    21/07/2015 Duración: 01h47min

    Riku Lätti kan dalk net die mees veelsydigste liedjieskrywer in Afrikaans wees. Hy kom klim diep binne Willim se garage se hart in met lieflike stories soos die keer toe hy vir Marlene van Niekerk ‘n kabaret geskryf en opgevoer het, hoe Radio Lava se concept album nou nog harte steel, hoe Gert Vlok Nel en Piet Botha deel was van die spark wat Die Wasgoedlyn begin het, en, en, en. Iets oor Steve Hofmeyr en iets oor Laurika Rauch.  Hierdie gesprek is uit die boonste rakke. En oja, jy kan 'n Wasgoedlyn album wen. Befok.

  • Episode 12. - AJ Graham

    14/07/2015 Duración: 52min

    AJ Graham speel bass vir Akkedis en The Lyzyrd Kyngs. Willim maak hom sit agter die mic een oggend op Piet Botha se stoep en hy vertel van sy eerste bands op Hoërskool, hoe hulle tot no.1 op Barney Simon se modern rock chart geklim het, funny toerstories saam met Akkedis en hoe ’n day job in ’n cubicle toe nie sy destiny was nie.

  • Episode 11. - Kobus de Kock Jnr.

    07/07/2015 Duración: 01h23min

    Kobus de Kock Jnr. is die bebaarde Sonic The Hedgehog frontman van daai explosive Pretoria rock band: Black Cat Bones. Kobus kom maak ’n draai in die Kaap om PR te doen vir die Blood Brothers supergroup en hy pull ook toe sommer in by die garage om sy storie met ons te deel. Het jy geweet hy was eers ’n drummer in ’n band saam met Jan Blohm voor Jan Blohm “Jan Blohm” was? Daar’s ’n paar cool stories oor sy two-piece jam sessions op die plaas saam met Noddie, sy solo kustoere en die ontstaan van die Black Cat Bones. En natuurlik gesels ons ook oor die Blood Brothers. Lekker luister.

  • Episode 10. - Beer Adriaanse

    01/07/2015 Duración: 01h30min

    Vir die ignorant mense wat dink ‘Boer Giel’ was Beer Adriaanse se eerste claim to fame… julle is way off. Beer is een van die Afrikaanse rock vakkeldraers en hy jol al drums sedert Hoërskool. Ons gesels oor sy eerste punk band in Bellville, die dae toe Zinkplaat begin het in Stellenbosch, pop culture in die 90s, koshuislewe en die feit dat Jack Parow se ma sy kluiterskoolonderwyseres was. Daar is stories oor toere saam met Delta Blue, hoe Zinkplaat ’n record label begin het en toe sommer ook besluit het om groot toerbusse te begin aan skaf om die MK Avontoer af te skop. Ons riff ook oor daai keer toe Zinkplaat en my band saam by ’n mal fees buite Lady Grey gaan speel het en toe Beer my eenkeer duk geschroom agterop ’n wae gesien jol het by Afrika Burns. Die wenners van die Trippy Grape records albums word ook bekend gemaak.

  • Episode 9. - Dirk Ace (Deel 2 van 2)

    25/06/2015 Duración: 01h31min

    Ek rant eers want... WAT? Ek het vanoggend 'n pa geword. Daarna continue my gesprek met die legendariese vader van die Voëlvry Toer. Vader. Ek is ook nou 'n vader. Anyway, ons gesels oor André le Toit (my seun se naam is André), Johannes Kerkorrel, Valiant Swart, Wingerd Rock, Trippy Grape Records, ens. Ek kan nie langer tik nie. Moet nou gaan. Way te opgewonde oor my laaitie. Luister gerus. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 8. - Dirk Ace (Deel 1 van 2)

    23/06/2015 Duración: 01h07min

    Dirk Ace kom kuier in die garage en ons kom nogal naby om ’n hele chunk van sy lifestory te cover. Beter bekend as “Dagga Dirk Uys” – die brein agter die Voëlvry Toer - is die res van sy CV nogal impressive. Hy’t Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert gereël in 1988, die Voëlvry Toer in 1989, Die Mystic Boer- en Droomrivier toer met Valiant Swart in 1992 en 1993, Die Heel Eerste Oppikoppi Band Weekend, die Danzer toer met Anton Goosen en die Elke Boemelaar se Droom toer met Koos Kombuis in 1994. Hierdie is maar net enkele toere in die late 80s en early 90s - nie eers te praat van al die produksies en feeste wat later op sy kerfstok verskyn nie. Die lys gaan aan en aan en aan en so ook die geskiedenis. Dirk het baie om te vertel. Ons begin by sy skooldae op Carolina, sy verhouding met sy pa, sy eerste paar jobs en sy dae in army. Daarna vat hy ons Bloemfontein toe waar hy as kampusradio DJ Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert begin reël – ’n voorbrand vir die kultuurbeweging wat eventueel d

  • Episode 7. - Anton Goosen

    16/06/2015 Duración: 01h10min

    Oppad Franskraal toe stop Willim by Anton Goosen op Gansbaai. Anton bou vir hulle ’n klomp koffies en hulle klim agter die mics in rondom sy kombuistafel om te gesels oor die locals, meeste van sy albums, die linkse vs. die regse vleuels van die Afrikaanse media, doef-doef, disco en The Bee Gees. Anton vertel oor sy dae as ’n joernalis, producer en sy vriendskap met Sonja Heroldt, Johan Pienaar en Dirk Ace. Hulle riff ook oor “Nool van der Merwe” wat Bob Dylan en Leonard Cohan se songs na Afrikaans toe gaan vertaal het. Daar’s ’n paar production anecdotes oor Koos Kombuis se befokte album Elke Boemelaar Se Droom, behind-the-scenes stories oor die Houtstokfees en daai keer wat Bles Bridges hom van agter af gewurg het voor ’n opname op Goeiemôre Suid-Afrika. Skop, skiet en donner vandag op WAT. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 6. - Piet Botha

    09/06/2015 Duración: 44min

    Piet Botha is die embodiment van Suid-Afrikaanse rock ‘n’ roll geskiedenis. Hy’t al alles gesien, gehoor, gesing en geleef.  Willim slaap ’n aand oor by Piet se huis in Pretoria en vroeg die volgende oggend - voor Piet hom lughawe toe moet neem - sit hulle en gesels oor sy dae in die 70s, 80s, 90s, 00s and beyond. Daar’s ’n paar kiff verhale oor bomdreigemente, Amerika, venues wat afbrand, Raven, Wildebeest, agents, Billy Bob Thornton en ’n Suitcase Vol Winter. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

página 9 de 10