Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Gesonde gesinne: Maak jou kind se ja-beker vol
26/07/2024 Duración: 09minNee is vir Lourindi Nel, ’n noodwoord, ’n soort kodewoord waarop haar kinders moet let en weet hulle moet nou luister. Sy verduidelik hoekom niemand van ʼn nee hou nie en hoe ouers ’n bot nee kan verander in iets meer aanvaarbaar sonder om op grense of dissipline in te boet. Kom luister na die volledige onderhoud. Maroela Media
-
A cappella in Afrikaans bereik nuwe hoogtes
25/07/2024 Duración: 12min“Die Atterbury Trust het verskeie fokuspunte. Die een is natuurlik studente, dan ook gemeenskap en kultuur. Wat vir ons so mooi is van die a cappella-kompetisie, is dat dit al ons fokuspunte so goed saamvat.” Maroela Media
-
Kop- en nekkankers – dís wat jy moet weet
24/07/2024 Duración: 26minDr. Johan Kluge en dr. Ben Moodie van die Cintocare privaat hospitaal in Pretoria gesels oor die simptome en behandeling van verskeie kop- en nekkankers. Maroela Media
-
Almero se musiek neem kykers verder in ‘Een keer om die son’
23/07/2024 Duración: 12minAlmero wou die temas van familie, geestesgesondheid en elkeen se soeke na hul plek in die wêreld in die musiek van “Een keer om die son” vasvang. Maroela Media
-
Biden onttrek té laat
22/07/2024 Duración: 01minJaco Kleynhans sê die Demokrate het die hele kwessie rondom pres. Joe Biden verkeerd hanteer. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Sê wat jy wil hê en nie wat jy sien nie
19/07/2024 Duración: 11minDit klink só eenvoudig as ʼn mens die ouerskapstegniek bespreek, maar hoekom is dit so moeilik om konsekwent toe te pas? Maroela Media
-
Jakkie Louw verskuif grense met rocktreffer
19/07/2024 Duración: 27min“Hierdie liedjie is baie rock en roll. AC/DC en Rammstein het ʼn kind gehad. En sy naam is ‘Donkie’. En hy is Afrikaans.” Maroela Media
-
Kom bid saam vir ontwortelde Christene in Afrika
18/07/2024 Duración: 16minElizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika het aanlyn met Maroela Media gesels en vertel van die getuienis van pastoor Barnabas en hoe hul organisasie hom en ander Christene in vlugtelingkampe op ons vasteland ondersteun. “Ten spyte van die haglike omstandighede waarin die vlugtelinge hulself bevind, is dit vir hulle wonderlik om God openlik in die kampe te dien – dit maak vir hulle ʼn reuseverskil.” Maroela Media
-
‘Sound of Silence’ steeds Ruhan du Toit se trots
17/07/2024 Duración: 20min“Dit is immergroenliedjies – goed wat almal ken. Of jy 80 of 18 jaar oud is, daar is musiek vir almal.” Maroela Media
-
Luister: ‘Opwinding van liefde’ inspireer nuwe Wikus Botma-snit
15/07/2024 Duración: 13min“Stadig oor die klippe” het hom laat terugdink aan die tyd wat hy en sy vrou ontmoet en verlief geraak het. Maroela Media