Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 31:27:04
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Luister | Driemanskap sing oor nostalgie van seevakansies

    28/11/2025 Duración: 07min

    “Ons het so drie jaar gelede saam aan musiek begin skryf, en dit het ʼn rukkie gevat om ons klank te vind. Ons is uiteindelik op ʼn plek waar ons van ons musiek hou.” Maroela Media

  • Hoop, kreatiwiteit in gospelsnit verken

    28/11/2025 Duración: 17min

    “Ons wil vir Afrikaanse mense in hul eie taal ʼn uitdrukking van kerk wees.” Maroela Media

  • Dirk Kotzé oor Hartland Akademie

    25/11/2025 Duración: 04min

    Dirk Kotzé, burgemeester van die Mosselbaai-munisipaliteit, reageer op berigte oor Hartland Akademie. Maroela Media

  • ‘Verjaarsdaggeskenk-liedjie’ word Jak se jongste uitreiking

    25/11/2025 Duración: 20min

    “Ek het aanvanklik vir hom half skertsend gevra of hy dit nie sommer met kunsmatige intelligensie wil doen nie – dis mos deesdae maklik om ʼn liedjie self te maak – maar hy het gesê hy wil hê dit moet spesifiek van my af kom.” Maroela Media

  • Luister | ‘Onvermydelike stiltes’ inspireer musikant Karla Bosch

    25/11/2025 Duración: 06min

    Die musikant Karla Bosch gesels in Maroela Media se ateljee oor haar nuwe album. Maroela Media

  • Nuwelingsangeres skryf emosioneel oor geslagsgeweld

    21/11/2025 Duración: 13min

    “Dit maak my uiters emosioneel om te weet dat dit ander vroue se werklikheid is.” Maroela Media

  • Irene-Louise verruil tekkies vir pienk vellies

    21/11/2025 Duración: 05min

    “Wat mense in die musiekvideo sien, is eintlik nie toneelspel nie, want ek is nie gemaak vir die plaaslewe nie.” Maroela Media

  • Sprokiesverhale kry nuwe lewe in Afrikaanse pantomime

    20/11/2025 Duración: 12min

    “Dis so te sê ʼn sing-dans-saamskree- Suid-Afrikaanse weergawe van ʼn sprokie met baie komedie – gesinsvermaak geskik vir almal.” Maroela Media

  • Dís ‘Troumateriaal’ vir Brendan Peyper

    15/11/2025 Duración: 13min

    Brendan Peyper het in Maroela Media se ateljee gesels oor sy jongste kortspeelalbum, sy pad in die bedryf, voorlopige sekwestrasie en die trek terug Pretoria toe.a Maroela Media

  • Vanes-Mari delf geestelik met eie parfuum

    14/11/2025 Duración: 13min

    “Reuk kan herinneringe en emosies ook teweegbring. As jy in ʼn ou huis instap of iets spesifieks ruik, ontlok dit soveel meer.” Maroela Media

  • Blackbyrd se Tasha verken solopad

    14/11/2025 Duración: 16min

    Tasha Zaaiman gesels in Maroela Media se ateljee oor haar pad as solokunstenaar, haar jongste enkelsnit en die geestelike ervaring wat sy in haar tyd op “Die Kontrak” gehad het. Maroela Media

  • MOS beskerm moedertaalonderrig met nuwe skool in Pta

    10/11/2025 Duración: 08min

    Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, en Lerina van Rensburg, hoof van Enso Akademie in Wonderboom, Pretoria het met Esté Meyer Jansen oor dié skool gesels. Hulle verduidelik die visie agter hierdie baanbreker- Afrikaanse skool: van die simboliek van die Enso-sirkel tot die droom om leerders te vorm wat die toekoms met selfvertroue en karakter aanpak. Kom luister na die volledige onderhoud om te hoor hoe hierdie nuwe sirkel van leer, lewe en groei deel van MOS se groter droom vir moedertaalonderrig is. Maroela Media

  • Nederige sakeman gee terug ná hy entrepreneurskompetisie wen

    09/11/2025 Duración: 15min

    “Die Here was nog altyd goed vir my en my gesin, Hy’t nog altyd vir ons gesorg. Hierdie prysgeld is natuurlik wonderlik, maar dit het vir my gevoel soos ʼn geleentheid om terug te gee.” Maroela Media

  • MOS brei Afrikaanse aanlyn onderrig uit na grondslagfase

    07/11/2025 Duración: 09min

    Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe Afrikaanse onderwys in ʼn digitale wêreld nuwe vlerke kry. Hy vertel waarom hulle besluit het om MOS-Wêreldwyd se aanlyn kurrikulum na die grondslagfase uit te brei Maroela Media

  • Organisasie wil veterane se menswaardigheid herstel

    03/11/2025 Duración: 13min

    Behoorlike behuising is ʼn uitdaging vir talle veterane en daarom het die VAF huise in Klerksdorp, Roodepoort en Krugersdorp waar veterane kan woon teen ʼn lae bedrag vir huur. Elizabeth Bouwer, stigter van die VAF, en voorsitter kol. Luke Enslin, het in Maroela Media se ateljee gesels. Maroela Media

  • Aitsa-toekennings kry nuwe baadjie

    29/10/2025 Duración: 07min

    Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is al die afgelope paar jaar ʼn hoogtepunt op die Afrikaanse musiekkalender. Maroela Media

  • Borrelende musikant Just Mia wil ‘vreugde wek’

    27/10/2025 Duración: 08min

    “Ek is nog altyd baie geseënd met ʼn vreugdevolle gesindheid. Almal ken my as ʼn gelukkige mens." Maroela Media

  • Gesin, geloof dra kankeroorwinnaar op genesingspad

    27/10/2025 Duración: 38min

    Toe Nicoleen Thirion (52) vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is, het haar lewe vir ʼn oomblik byna stilgestaan. As iemand met geen ervaring van dié lewensveranderende siekte nie, het talle verdoemende scenario’s in haar kop begin afspeel. Sy het egter vinnig besluit om dit nie as ʼn doodsvonnis te beskou nie. Maroela Media

  • Amor Vittone terug agter mikrofoon

    21/10/2025 Duración: 23min

    “Ag, ek praat nie sommer meer oor dáárdie dae nie. Ek dink dis al lankal verby en mense het aanbeweeg. Ek kon gaan lê het, maar my wonde het my gemaak wie ek is. Vir my gaan my liedjie juis ook daaroor om te leer uit jou foute en jou lig helder te laat skyn.” Maroela Media

  • Harmonieuse duet ‘eerste van meer’ vir Andriëtte, Herman Kleinhans

    21/10/2025 Duración: 05min

    “Ek dink dit is die mooi ding van musiek: Elkeen kan ʼn ander betekenis in ʼn lied vind.” Maroela Media

página 1 de 8