Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Borsvoedingsweek | Ma, baba leer mekaar ken tydens borsvoeding
02/08/2024 Duración: 35minIn die tweede episode van Maroela Media se podsendingreeks oor borsvoeding gesels Marizette Croft oor ʼn borsvoedkonsultant se rol in ʼn ma se borsvoedreis. Maroela Media
-
Nicholis Louw stort hart uit oor verlede, geloof
01/08/2024 Duración: 32minMaroela Media het ʼn openhartige gesprek met hom gehad oor sy pad in die musiekbedryf, die gewaarwordinge wat hy deur die jare moes maak en die lesse wat hy op duur wyses moes leer. Maroela Media
-
Nuwe musiek vir ‘gelukkige, geseënde’ Elizma Theron
01/08/2024 Duración: 19min“ʼn Mens dink baie keer jy weet wat jy wil hê, maar God weet wat jy nodig het. Die Here het my met ʼn ongelooflike man geseën, en ek is so dankbaar vir hom.” Maroela Media
-
Borsvoedingsweek | ‘Ondersteuning vir ma’s wat borsvoed broodnodig’
01/08/2024 Duración: 21minDr. Maretha Combrink klaar ook in die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor borsvoeding ʼn paar waar- en onwaarhede oor borsvoeding uit. Maroela Media
-
Stiller seisoen ʼn seën vir Bernice West
31/07/2024 Duración: 17min“Dit is vir my belangrik dat mense besef dat die Here ons identiteit bepaal, niemand of niks anders op hierdie aarde nie.” Maroela Media
-
Aanhanger inspireer Jo Black se jongste snit
31/07/2024 Duración: 13min“Mense het hulle swaar verdiende geld en kosbare tyd afgestaan om te kom sien hoe ek ʼn uur lank my passie uitleef. Die minste wat ek kan doen, is om 20 sekondes van my tyd terug te gee.” Maroela Media
-
‘Fluit-fluit’, Jan-Matthys se storie beslis nog nie uit
29/07/2024 Duración: 11minDié voormalige Die Kontrak-finalis se eerste enkelsnit as solokunstenaar, “Fluit-Fluit”, beloof om voete vir die dansvloer te laat jeuk. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Maak jou kind se ja-beker vol
26/07/2024 Duración: 09minNee is vir Lourindi Nel, ’n noodwoord, ’n soort kodewoord waarop haar kinders moet let en weet hulle moet nou luister. Sy verduidelik hoekom niemand van ʼn nee hou nie en hoe ouers ’n bot nee kan verander in iets meer aanvaarbaar sonder om op grense of dissipline in te boet. Kom luister na die volledige onderhoud. Maroela Media
-
A cappella in Afrikaans bereik nuwe hoogtes
25/07/2024 Duración: 12min“Die Atterbury Trust het verskeie fokuspunte. Die een is natuurlik studente, dan ook gemeenskap en kultuur. Wat vir ons so mooi is van die a cappella-kompetisie, is dat dit al ons fokuspunte so goed saamvat.” Maroela Media
-
Kop- en nekkankers – dís wat jy moet weet
24/07/2024 Duración: 26minDr. Johan Kluge en dr. Ben Moodie van die Cintocare privaat hospitaal in Pretoria gesels oor die simptome en behandeling van verskeie kop- en nekkankers. Maroela Media
-
Almero se musiek neem kykers verder in ‘Een keer om die son’
23/07/2024 Duración: 12minAlmero wou die temas van familie, geestesgesondheid en elkeen se soeke na hul plek in die wêreld in die musiek van “Een keer om die son” vasvang. Maroela Media
-
Biden onttrek té laat
22/07/2024 Duración: 01minJaco Kleynhans sê die Demokrate het die hele kwessie rondom pres. Joe Biden verkeerd hanteer. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Sê wat jy wil hê en nie wat jy sien nie
19/07/2024 Duración: 11minDit klink só eenvoudig as ʼn mens die ouerskapstegniek bespreek, maar hoekom is dit so moeilik om konsekwent toe te pas? Maroela Media
-
Jakkie Louw verskuif grense met rocktreffer
19/07/2024 Duración: 27min“Hierdie liedjie is baie rock en roll. AC/DC en Rammstein het ʼn kind gehad. En sy naam is ‘Donkie’. En hy is Afrikaans.” Maroela Media
-
Kom bid saam vir ontwortelde Christene in Afrika
18/07/2024 Duración: 16minElizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika het aanlyn met Maroela Media gesels en vertel van die getuienis van pastoor Barnabas en hoe hul organisasie hom en ander Christene in vlugtelingkampe op ons vasteland ondersteun. “Ten spyte van die haglike omstandighede waarin die vlugtelinge hulself bevind, is dit vir hulle wonderlik om God openlik in die kampe te dien – dit maak vir hulle ʼn reuseverskil.” Maroela Media
-
‘Sound of Silence’ steeds Ruhan du Toit se trots
17/07/2024 Duración: 20min“Dit is immergroenliedjies – goed wat almal ken. Of jy 80 of 18 jaar oud is, daar is musiek vir almal.” Maroela Media
-
Luister: ‘Opwinding van liefde’ inspireer nuwe Wikus Botma-snit
15/07/2024 Duración: 13min“Stadig oor die klippe” het hom laat terugdink aan die tyd wat hy en sy vrou ontmoet en verlief geraak het. Maroela Media
-
Riaan Benadé oor albums se ‘onverwagse’ wegholsuksesse
12/07/2024 Duración: 23min“Ek het nie ʼn idee gehad hoe ek dit gaan regkry om ʼn nuwe album te laat goed doen teenoor die vorige een nie.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Herlei jou kind se aandag
11/07/2024 Duración: 10minHerleiding is ʼn uitstekende tegniek om in jou gereedskapskissie van ouerskapstegnieke te hê, maar jy moet dit weet wanneer om dit toe te pas. Dit is hoe dié tegniek werk. Maroela Media
-
Prop lewer ode aan Al Debbo-treffer
10/07/2024 Duración: 17min“Jy moet weet waar jy vandaan kom, anders weet jy nie waarheen jy op pad is nie.” Maroela Media