Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 40:51:19
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episodios

  • Kenners antwoord luisteraarsvrae

    15/08/2025 Duración: 15min

    Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal en Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Boere smeek om inenting teen bek-en-klou

    15/08/2025 Duración: 04min

    Dr. Dirk Verwoerd, senior veearts by Karan Beef, gesels oor inentings teen bek-en-klouseer. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Digitale kaartbedrog hou aan styg

    15/08/2025 Duración: 07min

    Reana Steyn, hoofombud en uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO), gesels oor die gevare van virtuele bankkaarte en hoe verbruikers veilig kan bly. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Tencent se waardevlak: Wat beteken dit vir SA beleggers?

    15/08/2025 Duración: 09min

    Dr. Steve Minaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, gesels oor die waarde wat in Tencent-aandele lê en wat dit vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Markte kyk na Trump en Putin

    15/08/2025 Duración: 06min

    Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte se reaksie op die ontmoeting tussen Putin en Trump, asook die verwagting rondom volgende week se inflasie aankondiging. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 15 Augustus 2025

    15/08/2025 Duración: 49min

    Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Jy moet baie lees, en nie net waarvan jy hou nie

    14/08/2025 Duración: 09min

    Izaak Odendaal, hoofbeleggingstrateeg by Old Mutual Wealth, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Inligtingsreguleerder gaan Truecaller ondersoek

    14/08/2025 Duración: 07min

    Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, verduidelik wat die Inligtingsreguleerder se ondersoek na Truecaller behels. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Sien ons ’n kapitaalvlug uit SA?

    14/08/2025 Duración: 09min

    Professor Jannie Rossouw, professor aan Wits se sakeskool, deel sy insigte oor die onttrekking van groot maatskappye uit Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Standard Bank verdien R24 miljard in ses maande

    14/08/2025 Duración: 12min

    Standard Bank het vandag winssyfers vir die eerste helfte van die jaar bekend gemaak. Die wesensverdiens het met 8% gestyg en die direksie het die tussentydse dividend met 10% verhoog. Die groep se uitvoerende hoof, Sim Tshabalala, bespreek die resultate en deel sy mening oor die VSA se nuwe tariewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Mozal oorweeg dit om 'n smelter te sluit

    14/08/2025 Duración: 06min

    Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die markte se reaksie op genl. Rudzani Maphwanya se kommentaar oor Suid-Afrika se buitelandse beleids­standpunt rakende Iran en die VSA, asook Mozal Aluminium wat ’n smelter wil sluit. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 14 Augustus 2025

    14/08/2025 Duración: 50min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Hoeveel bitcoin is al verlore?

    13/08/2025 Duración: 09min

    Carel de Jager, uitvoerende hoof van Silver Sixpence, gesels oor verlore bitcoin. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Innovasie in landboufinansiering

    13/08/2025 Duración: 06min

    Charl Greyvensteyn, direkteur van streekkantore en landbou by Merchant West, gesels oor innovasie in landboufinansiering. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die regering se infrastruktuurplanne is op koers

    13/08/2025 Duración: 10min

    Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, gesels oor die regering se infrastruktuurplanne, die konstruksiebedryf, die sogenaamde konstruksiemafia, en vroue in konstruksie. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Kganyago sê wéér hy kán 3% teiken

    13/08/2025 Duración: 08min

    Daar is tans ’n geskil tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie oor ’n nuwe, laer inflasieteiken. Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, deel haar mening. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Nedbank koop IKhokha vir R1,6 miljard

    13/08/2025 Duración: 06min

    Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek vandag se sterk vertoning op die beurs en Nedbank se oorname van ’n fintech-maatskappy. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 13 Augustus 2025

    13/08/2025 Duración: 48min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • SA presents a revised trade agreement, while the US pushes for the scrapping of empowerment legislation

    12/08/2025 Duración: 17min

    John Steenhuisen – Minister of Agriculture. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Ontmoet die Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar

    12/08/2025 Duración: 07min

    André Kritzinger, eienaar van Tulpieskraal Boerdery, gesels oor sy toekenning, bedrywighede en toekomsplanne. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 1 de 8