Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Bernice West oor ma-wees en nuwe musiek
22/08/2025 Duración: 04min“Dit bly ʼn groot voorreg, die voorreg om lewe te kan bring in hierdie wêreld is amazing. Elke keer wanneer ons vir Lua kyk, is daar ʼn gevoel wat mens nie kan verduidelik nie.” Maroela Media
-
‘Elke liedjie vertel eie storie,’ sê Jaid River
14/08/2025 Duración: 09min“ʼn Mens moet eintlik met oorfone na die liedjie luister, want dan kan jy ervaar hoe kitaarklanke eers in die een oor, dan in die ander opklink. Presies asof die klank deur toutjies van die een kant na die ander getrek word.” Maroela Media
-
KKNK-verhoog rede vir haar musiekdroom
14/08/2025 Duración: 08min“Toe my voete op daardie verhoog land, het ek geweet musiek is wat ek wil doen. Ek is baie bevoorreg en geseënd dat ek my musiekdroom voltyds kan najaag.” Maroela Media
-
Jennifer Zamudio vier 25 jaar van musiek
10/08/2025 Duración: 12min“Die bedryf het verander. Ons as kunstenaars moet daarby aanpas.” Maroela Media
-
Passievolle ‘wildewragtig’ Reandi stap plaaspad saam met boere
08/08/2025 Duración: 18min“Jy is so uitgelewer aan die natuur en die Here se genade, so jy as boervrou moet besef dat daar nie altyd roetine gaan wees nie en dat daar moeilike seisoene is wat jy saam met jou eggenoot sal moet trotseer.” Maroela Media
-
'Jy kán’ sê Prop met LIG-konsert vir gestremdes
04/08/2025 Duración: 09minHy wil vir mense wat daagliks weens gestremdhede voor unieke uitdagings te staan kom, wys dat hulle dit kán oorkom. Maroela Media
-
Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou
01/08/2025 Duración: 27minCarletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou. Maroela Media
-
Zoé spreek tot jong vroue met treffersnit
01/08/2025 Duración: 06minUittreksel: “Ek het glad nie die reaksie verwag nie, maar dit is duidelik dat vroue, oud en jonk, by die lirieke aanklank vind. Ek dink dit is ʼn liedjie wat vroue raakgesien laat voel.” Maroela Media
-
Liefde, genesing ná fratsongeluk inspireer Heidi se musiek
31/07/2025 Duración: 07min“Ek lewe elke dag voluit, bid vir wysheid, insig en krag om ʼn mooier mens van binne en buite te wees, om gesonder te leef en om daar te wees vir my kinders.” Maroela Media
-
Musiekgroep raak kreatief met KI
30/07/2025 Duración: 09min“Dit sou maande en miljoene rande gekos het, nou het ons dit self binne twee dae geskep.” Maroela Media
-
Slim kosplanne vir kleuterskole op ʼn begroting
30/07/2025 Duración: 12minMinder suiker, meer kleur en minder vermorsing begin alles met ʼn lysie en ʼn plan. Helpende Hand se span bemagtig kleuterskole met praktiese raad en hulp. Maroela Media
-
Landbouprogram wys fut van ywerige plattelanders
28/07/2025 Duración: 14minChris Burgess en sy span vertel stories van mense wat oplossings vir probleme in hul buurte en gemeenskappe aanpak. Maroela Media
-
Roerende Afrika-fliek is Embeth Davidtz se ode aan Afrika
27/07/2025 Duración: 09min“Ek het self op ʼn plaas grootgeword. Zimbabwe gaan altyd anders as Suid-Afrika wees. Maar ek het geweet ek sou die storie kan vertel. My tyd in Suid-Afrika het die fliek ten volle beïnvloed.” Maroela Media
-
Oranjerooi sonsak inspireer musiekgroep se egte klank
24/07/2025 Duración: 14min“Ek kan onthou ná ʼn dag wat ons musiek in Potchefstroom opgeneem het, het die son net so begin sak. As daar nou een ding is van Potch, dan is dit sy mooi sonsondergange.” Maroela Media
-
Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel
23/07/2025 Duración: 10minMaroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help. Kom luister na die volledige onderhoud boaan die berig. Maroela Media
-
Jong groep Nikotien vind voete op Afrikaanse rockmusiektoneel
17/07/2025 Duración: 10minDie groep, wat tussen hulle “meer grade as lede” het, het ontmoet as studente aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Maroela Media
-
Helpende Hand voed hoop, drome met Kosblikkie-projek
16/07/2025 Duración: 07minHonger kinders sukkel om te leer, maar Solidariteit Helpende Hand wil dit verander, een kosblikkie op ʼn slag. Kom luister hoe ʼn eenvoudige kosblikkie ʼn kind se lewe kan verander. Maroela Media
-
Pitt-sjarme in supersoniese renjaerfliek sal spoedvrate sus
11/07/2025 Duración: 02minEen van die beste renjaerrolprente ooit. Maroela Media
-
Nuwe horisonne wink vir Vrystaatse sanger Rudo
08/07/2025 Duración: 07min“Die liedjie vat ʼn baie groot deel van my lewe saam. My vrou kom van Pretoria af, en nadat ek ʼn paar keer vir haar gaan kuier het, het ek vir haar gesê dat ek nie in die stad aard nie; sy moet haar tasse vir Clarens pak.” Maroela Media
-
Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel
03/07/2025 Duración: 14min“Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media