Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 40:51:19
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episodios

  • Wie en wat is Portfolium?

    28/07/2025 Duración: 08min

    Charl Swart, besturende direkteur van Portfolium, gesels oor die agtergrond van Portfolium en hoe dit gegroei het tot waar dit vandag is. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Transnet-hawens is besig om hul vraghouers in ’n ry te kry

    28/07/2025 Duración: 09min

    Jabu Mdaki, uitvoerende hoof van Transnet Port Terminals, verduidelik wat die toename in produktiwiteit veroorsaak het. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Valterra se ontknoping uit Anglos het ’n plaas se prys gekos

    28/07/2025 Duración: 09min

    Craig Miller, uitvoerende hoof van Valterra Platinum, bespreek die groep se ontknoping uit Anglo American en hul finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Trump brom weer oor Powell

    28/07/2025 Duración: 07min

    Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, verduidelik hoekom die week interessant vir die markte sal wees. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 28 Julie 2025

    28/07/2025 Duración: 51min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Kenners antwoord luisteraarsvrae

    25/07/2025 Duración: 23min

    Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium en Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG), beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Suid-Afrikaners het te veel skuld

    25/07/2025 Duración: 15min

    Jean-Pierre Lombard, finansiële konsultant by DebtBusters, gesels oor hulle jongste Stresindeks, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor goeie en slegte skuld. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die JSE Alsi haal bietjie asem

    25/07/2025 Duración: 06min

    Craig Gibson, portefeuljebestuurder by Portfolium, bespreek die dryfkragte agter die JSE se Algehele Indeks (Alsi) wat tot bo 100 000 punte gestyg het, asook Hyprop wat wegstap van sy aanbod om MAS te koop. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 25 Julie 2025

    25/07/2025 Duración: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Tinus drink koffie met Emile du Plessis van Standard Bank

    24/07/2025 Duración: 09min

    Emile du Plessis, hoof van ekonomiese insig en gedragsekonomie by Standard Bank, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en sy stokperdjies. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Luno bied van Augustus aandeelsimbole te koop aan

    24/07/2025 Duración: 08min

    Christo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, verduidelik wat ’n getokeniseerde aandeel is en hoe dit op die Luno-platform sal werk. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • So waar behoort die rand nou teen die dollar te verhandel?

    24/07/2025 Duración: 07min

    Johann Els, hoofekonoom by Old Mutual, verduidelik wat hy dink die waarde van die rand behoort te wees en hoe dit bepaal word. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Aandelemarkte klim weer

    24/07/2025 Duración: 11min

    Omri Thomas, direkteur by Abax Investments, deel sy perspektief oor die jongste hoogtepunte in die mark en hoe beleggers dit behoort te benader. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die JSE sak terug van sy rekordvlakke, maar die rand klou aan gister se vlakke

    24/07/2025 Duración: 09min

    Nerina Visser, ETF strateeg en adviseur, etfSA, bespreek die JSE se 100 000 hoogtepunt gister, die mynbou-indeks, onsekerheid in die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 24 Julie 2025

    24/07/2025 Duración: 50min

    Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Trump se kriptowette gaan banke roer

    23/07/2025 Duración: 06min

    Kokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, gesels oor kripto in die bankbedryf. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Markte: Herstel volg op elke val – moet dit nie misloop nie

    23/07/2025 Duración: 06min

    Pieter Koornhof, portefeuljebestuurder by Allan Gray, verduidelik waarom dit noodsaaklik is om langertermyn tendense te verstaan wanneer jy besig is om welvaart te bou. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Ná 15 jaar is die regering skielik haastig met Aarto

    23/07/2025 Duración: 05min

    Cornelia van Niekerk van Fines4U gesels oor die wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortreedings (Aarto). Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Daar kom dalk 60 wysigings aan arbeidswetgewing

    23/07/2025 Duración: 10min

    Prof Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks Prokureurs, bespreek die voorgestelde wysigings aan die arbeidswetgewing en wanneer dit moontlik in werking kan tree. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • JSE breek deur 100 000 punte

    23/07/2025 Duración: 12min

    Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die JSE se se indeks van alle aandele wat vir die eerste keer tot meer as 100 000 punte styg, Natco Pharma se aanbod aan Adcock Ingram, en Canal+ wat goedkeuring kry om MultiChoice oor te neem. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 5 de 8