Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Rand duik en die markte bloei
01/08/2025 Duración: 07minAndries Nel, direkteur vir welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, verduidelik wat die rand laer dryf vandag, hoee hy die wêreldmarkte lees, een die FlySafair-staking wat tot 'n eiende kom. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 1 Augustus 2025
01/08/2025 Duración: 48minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die ingenieur wat mense se pensioengeld bestuur
31/07/2025 Duración: 13minDr Steve Minnaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, gesels oor sy agtergrond, loopbaan in die beleggingsbedryf, asook sy stokperdjies. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Groot pluimpie vir ons wynbedryf skep geleenthede
31/07/2025 Duración: 08minDaneel Rossouw, hoof van landbouverkope by Nedbank Commercial Banking, bespreek die groot geleenthede wat wyntoerisme vir Suid-Afrikaanse wynondernemings inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Trump-tariewe kan Oos-Londen harder slaan as ander stede
31/07/2025 Duración: 07minLizelle Maurice, uitvoerende direkteur van die Border Kei Sakekamer, bespreek Oos-Londen se ekonomie, die moontlike impak van die VSA se tariewe op Mercedes-Benz se aanleg in die stad, en hul verwagtinge vir die toekoms. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Reserwebank sny die rentekoers tot die laagste vlak sedert 2022
31/07/2025 Duración: 08minDie Reserwebank het vandag die repokoers met ’n kwart persentasiepunt verminder. Dr Christie Viljoen, hoofekonoom van PwC, deel sy insigte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Moet nie die markte teleurstel nie
31/07/2025 Duración: 08minSchalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, bespreek die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 31 Julie 2025
31/07/2025 Duración: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dié lande in die wêreld het kripto omhels
30/07/2025 Duración: 05minCarel de Jager, uitvoerende hoof van Silver Sixpence, gesels oor lande met die hoogste kriptogeldeenheid-aanvaardingsyfers. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
FlySafair reageer op stakende vlieëniers se kritiek
30/07/2025 Duración: 10minKirby Gordon, bemarkingshoof van FlySafair, reageer op stakende vlieëniers se kritiek. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar was sedert Mei basies geen vordering in SA se handelsonderhandelings met die VSA nie
30/07/2025 Duración: 21minSuid-Afrika wag tans op ’n formele reaksie van die VSA oor ’n handelsvoorstel wat reeds ingedien is. Kaamil Alli, ministeriële woordvoerder van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, gesels hieroor, en prof. André Roux, ekonoom en programhoof vir Toekomsstudies by die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, deel sy indrukke. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Amerikaners sien "stewige" groei
30/07/2025 Duración: 05minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek Amerika se ekonomiese groei en die onsekerheid in die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 30 Julie 2025
30/07/2025 Duración: 46minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar moet vleis in ’n burger wees om ’n burger genoem te word
29/07/2025 Duración: 05minDie Departement van Landbou het onlangs nuwe regulasies vir vervaardigers van plantgebaseerde produkte aangekondig. Lerato Ntsime van Green Fields gesels oor die impak daarvan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Verskansingsfondse trek al hoe meer geld, maar die bedryf is nog piepklein
29/07/2025 Duración: 07minJacques Conradie, uitvoerende hoof van Pergrine Capital, gesels oor die toenemende gewildheid van verskansingsfondse. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kumba verdien steeds R7 miljard wins ten spyte van Transnet, swak ertspryse
29/07/2025 Duración: 11minMpumi Zikalala, uitvoerende hoof van Kumba, bespreek die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Boxer se kospryse daal terwyl SA kospryse styg
29/07/2025 Duración: 09minSchalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, deel sy vooruitsigte oor die Trump-tariewe wat op 1 Augustus in werking tree, en gesels ook oor Boxer se handelsverklaring. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Safair-staking is besig om venynig te word
29/07/2025 Duración: 10minGideon du Plessis, algemene sekretaris van Solidarieit, gesels oor die FlySafair-staking. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 29 Julie 2025
29/07/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die kort maar ongelooflike geskiedenis van Xiaomi
28/07/2025 Duración: 11minPieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, gesels oor die geskiendenis van Xiaomi. Volg RSG Geldsake op Twitter