Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Die besluit oor aftrede is eenvoudig, maar tog een van die moeilikste
06/08/2025 Duración: 06minFränzo Friedrich, bemarkingshoof van Momentum, gesels oor aftrede. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nuwe lisensiehouer wil aanleg vir radioaktiewe afval by Vaalputs opgradeer
06/08/2025 Duración: 10minAlan Carolissen, bedryfshoof van die bestuur van radioaktiewe afval by die Nasionale Instituut vir die Berging van Radioaktiewe Afval (NRWDI), gesels oor die Vaalputs-fasiliteit en wat die regering se opgradering behels. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die BETI wys ekonomiese aktwiteitsvlakke staan sterk
06/08/2025 Duración: 07minElize Kruger, onafhanklike ekonoom, bespreek BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti). Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die JSE beur weér deur 100 000
06/08/2025 Duración: 08minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE se indeks van alle aandele wat weer tot meer as 100 000 punte gestyg het, die Reserwebank se inflasieteiken, en Sibanye-Stillwater se voorstel wat aan die VSA toegang bied tot Afrika se kritieke minerale. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 6 Augustus 2025
06/08/2025 Duración: 48minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Namakwalandse boere is kwaad omdat die regering water uit die Clanwilliamdam vrylaat
05/08/2025 Duración: 07minHendrik Vos, boer en eienaar van Lausanne Plaas, bespreek die departement van water en sanitasie se besluit om water uit die Clanwilliamdam te laat afneem tot op ’n vlak van 75%. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Só kombineer jy aktiewe en passiewe strategieë in ’n portefeulje
05/08/2025 Duración: 06minChrisley Botha, welvaartbestuurder by PSG Wealth, verduidelik hoe om aktiewe en passiewe strategieë in ’n portefeulje te kombineer. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kganyago en Godongwana knor vir mekaar oor 3%-inflasieteiken
05/08/2025 Duración: 08minDr Christie Viljoen, hoofekonoom van PwC Afrika, deel sy insigte oor die Reserwebank se 3%-inflasieteiken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nedbank wil sy Ecobank-belegging verkoop en op Suider-Afrika focus
05/08/2025 Duración: 05minMike Davis, finansiële hoof van Nedbank, gesels oor die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die JSE BPK wys sy staal ondanks denoterings
05/08/2025 Duración: 10minDie Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is een van die grootste aandelebeurse ter wêreld en is self ’n genoteerde maatskappy op sy eie beurs. Hulle het vandag hul tussentydse resultate bekend gemaak. Die uitvoerende hoof, Dr Leila Fourie, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Telkom val met 10%
05/08/2025 Duración: 05minChantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek Telkom, Shoprite en Pick n Pay se handelsverklarings. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 5 Augustus 2025
05/08/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die BMW-fabriek in Pretoria was die eerste ooit buite Duitsland
04/08/2025 Duración: 07minDanny Bester, direkteur van die BMW-groep se aanleg in Rosslyn, gee 'n oorsig oor die aanleg se geskiedenis en huidige produksie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA staal hom vir die impak van die Trump-tariewe
04/08/2025 Duración: 27minKaamil Alli – ministeriële woordvoerder, departement van handel, nywerheid en mededinging & Siegfried Lokotsch – besturende direkteur, Jendamark Automation & Francois Baird – stigter, FairPlay. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kommoditeite stoom voort
04/08/2025 Duración: 07minTheo Vorster, medestigter van Galileo Capital, verduidelik hoekom die kommoditeitsindeks vandag so skerp opgeskiet het, wat die rand se beweging aandryf, en bespreek FirstRand se hofsaak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 4 Augustus 2025
04/08/2025 Duración: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
01/08/2025 Duración: 17minAndries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, en Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, beantwoord luisteraars se vrae oor sake wat hul sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Skuldberading ontbloot: Wat verbruikers regtig moet weet
01/08/2025 Duración: 05min'Baie mense dink skuldberading los jou probleme op, maar dit doen nie' – Leonie van Pletzen, die uitvoerende hoof van MFSA. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Gebruik ‘n beursverhandeldefonds om in silwer te belê
01/08/2025 Duración: 06minNerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, deel haar insigte oor hoe ETF’s tot dusver vanjaar gevaar het, en hoe om silwer te verkoop as jy dit reeds aangekoop het. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tariewe se sperdatum word weer uitgestel
01/08/2025 Duración: 07minNeil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), sê hulle is baie bekommerd en dat Suid-Afrika iets nuuts op die tafel sal moet sit. Volg RSG Geldsake op Twitter